06/2019

15 Februarie 2019

---

LIEF EN LEED

Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van Victor Mabaso (gr12) en Marno Bornman (gr12) se vaders.

Ons bede is met jul en jul gesinne.

---

Baie dankie aan ons ouers, leerders en personeel wat ons behulpsaam was met die kosverkope by die afgelope atletiekbyeenkomste.  Ons waardeer dit opreg!

---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders en personeel wat presteer. 

Graad 12 Fisiese Wetenskap 2018

Me M Koelman en haar 2018, graad 12-Fisiese Wetenskap leerders het die hoogste gemiddeld in Fisiese Wetenskap in die Distrik (D3) behaal.  Baie geluk!

---

Atletiek

NWU INTERHOËR: GROEP 5 & 6
Die Oosie-atlete wen groep 6 met die volgende uitstaande prestasies deur atlete:
Micyla Botha: Beste Junior Veldatleet en Junior Victrix Ludorum.
Christine Struweg: Beste Junior Baanatleet
Chané v Zyl: Beste Senior Veldatleet en Senior Victrix Ludorum
Ons atlete het grootliks in die top drie posisies van hul items geëindig (slegs enkele atlete nie). Uitstekende prestasies!

---

Karate

SONGAHM TAEKWONDO
Marnus Scheepers (gr8) het tydens die Songahm Taekwondo toernooi in Pretoria (9 Februarie) ʼn 2de plek in beide tradisionele wapen en "combat weapon" items verower. Hierdie toernooi is die eerste een vir die jaar waarin studente kan kwalifiseer vir Gauteng Noord kleure. Marnus is reeds vanaf 2015 deel van die Gauteng Noord STAT (Songahm Taekwondo Association Tshwane ) distrikspan. Hy is ook ʼn gesertifiseerde vlak 1 beoordelaar. Baie geluk!

---

Krieket Buurmanskaptrofee 2019 - Prysuitdeling

Ewald Wolmarans (Oos-Moot) word aangewys as die O/14-span bouler van die reeks:  5/24 in 10 Beurte

Luan Liebenberg (Oos-Moot) word aangewys as die 1ste- span bouler van die reeks: 17 paaltjies teen ‘n boulgemiddeld van 10.52
Oos-Moot se 1ste-krieketspan is die wenners van die 20-20 reeks.
Ons is die ALGEHELE WENNERS van die Buurmanskapreeks 2019.
Hoërskole wat deelgeneem het, was: HTS John Vorster, Montana, Wonderboom en Oos-Moot
Al die spanne wat deelgeneem het (O/14-, O/15- en 1ste- spanne) se uitslae word in ag geneem vir die algehele wenner.
Welgedaan Oos-Moot.

---

Afrikaanse Redenaarsfinaal

Die volgende Oosies is deur na die Afrikaanse Redenaarsfinaal op 20 Februarie:

Juniors:  Mirca-Lee Oosthuysen, Elsje Styger, Wian Styger, Marilee van Deventer, Lianka van Wyk en Jaylin van Zyl.

Seniors:   Mienke Albertse, Vanessa Baloyi, Juané Geldenhuys, Anriette (Bibi) Haasbroek, Gera-Mari Kolbé, Andrea Labuschagne, Marli Rheeder, Cameron Slement en Nica-May van Zyl.   Baie geluk!

Public Speaking Finaal

Geluk aan die volgende Oosies wat deur is na hierdie finaal op 27 Februarie:

Juniors:  Miandri Scholtz, Elsje Styger, Wian Styger, Jeané Thomas, Lianke van Wyk en Jaylin van Zyl.

Seniors:  Juané Geldenhuys, Anriette (Bibi) Haasbroek, Kyla Haines, Gera-Mari Kolbé, Marli Rheeder, Cameron Slement, Tilanie Snyman en Nica-May van Zyl.

---

RESTORASIE VAN SKOOL SE VLEUELKLAVIER

Werner Stolze Klaviere laat ons Oosie-harte, musieknote klop met hul ongelooflike borgskap.  Hul het die skool se vleuelklavier kom haal en gaan hom restoureer tot sy volle glorie.  Dit is 'n reuse borgskap wat in ons skool se geskiedenis sal uitstaan. 

www.wspianos.co.za

---

AKADEMIE

Graad 12-inligtingsaand

Die Graad 12-leerders en ouers word uitgenooi na die inligtingsaand op 25 Februarie om 18:30 in die skoolsaal.  Belangrike inligting word tydens dié geleentheid aan ouers en leerders deurgegee.

Wiskundesentrum

Die graad 9-leerders het vanaf 19 Februarie, Wiskundeklasse op Dinsdagmiddae vanaf 14:00 tot 15:15 in kamers 15 en 16.

Graad 10-Veldskool

Die jaarlikse Graad 10-kamp vind plaas vanaf 28 tot 31 Augustus 2018, te Kwaggasrus (30km anderkant Brits).

Graag wil ons dat AL die graad 10-leerders die kamp bywoon. Volg die skakel vir skrywe met volledige inligting.  Die skrywe is ook op die skool se webtuiste by Wie is ons/Aflaaibare vorms beskikbaar.

---

SKOOLFONDS EN VRYSTELLINGS

SKOOLFONDS

Ons bedank graag al ons ouers wat reeds die volle jaar se skoolgeld betaal het, asook wie se skoolfonds op datum is. 

VRYSTELLINGS

Ons herinner graag die ouers aan die afsnydatum vir die vrystellingaansoeke op 28 Februarie 2019.

---

KULTUUR

Mnr en Mej Oos-Moot Gala-aand 2019

• Datum:  14 Maart 2019

• Tyd:  19:00

• Plek:  Skoolsaal

• Kleredrag:  Informeel

• Kaartjies:  R80 per persoon

Kaartjiesverkope open op 5 Maart en kan voor skool en tydens pouses by die Konferensiekamer aangekoop word.

---

Oosie-Idols 2019

Die IDOLS-kompetisie is die inisiatief van Me du Plessis en word tweejaarliks gehou.  Ons talentvolle Oosies kry tydens hierdie kompetisie die geleentheid om hul talente ten toon te stel.

Die inskrywings sluit 20 Februarie en die oudisies begin vanaf 25 Februarie vir ‘n talentvolle groep van 10 sangers wat vir die finaal gekies sal word.

Ons is baie opgewonde oor Lekker FM se betrokkenheid hierdie jaar.

---

SPORT

Atletiek

• 16 Februarie - Helpmekaar Goue Ligabyeenkoms (UJ)

• 16 Februarie - Tshwane Distriksbyeenkoms (Pilditch)

INTERHOËR - 22 Februarie (weg)

Die volgende belangrike inligting ten opsigte van dié byeenkoms:

Die byeenkoms vind op 22 Februarie, te Hoërskool Menlopark plaas.  Daar is slegs 180 ouer/toeskouersitplekke.  Parkering is teen R100 per motor beskikbaar.  Dit word by die hekke van die skool betaal.  Let wel:  Alle insittendes moet 'n toeskouersbandjie dra om toegang tot die skoolterrein te verkry, anders gaan u buite moet parkeer.  Hul versoek dat ouers saamry of Uber.

Volg skakel vir AL die atletiekprogramme

Swem

B-Bond Interhoër - 19 Februarie 2019

Die gala vind plaas by Hillcrest Swembad (Hatfield).  Swemmers vertrek om 11:45, per bus, vanaf die skool.  Die gala begin om 14:00.  Swemmers kom met korrekte Oosie-drag skooltoe.  Toegang vir toeskouers is R10 per persoon.

Wintersport (Rugby/Netbal/Hokkie)

Die Wintersportproewe is op 23 Februarie 2019. 

---
---

ONDERSTEUNERSKLUB

Ons wil graag namens die Ondersteunersklub van die geleentheid gebruik maak om al ons getroue Oos-Moot ondersteuners welkom te heet in 2019. Ons wil net die volgende belangrike brokkies inligting deurgee:

Ondersteunersklubkleredrag

Die Ondersteunersklubklere is nou by die skool se Kafeteria beskikbaar en bestellings kan daar by Erika van Schalkwyk geplaas word, indien ons nie voorraad beskikbaar het nie.  Ons wil almal asseblief aanmoedig om die ondersteunersklere aan te koop en te dra by alle skoolbyeenkomste.  Die klere lyk nie net mooi nie maar dit vorm ook ‘n sterk band van eenheid veral as die Blougolf ouers saam sit.

Waterdruppelplakkiers

Ons stel weer Waterdruppelplakkers vir voertuie beskikbaar by die skool se kafeteria (Erika). Lede wat die R150 fooi aan die begin van die jaar (saam met julle skoolfonds) betaal het kan gerus die plakkers gaan afhaal.  Twee plakkers per gesin.  Hierdie plakker bied ons lede GRATIS toegang tot sportgeleenthede by ons sportterrein (behalwe by spesifieke fondsinsamelingsprojekte waar die skool onafhanklike hekgelde hef).  Die plakker word regs bo, op die motor se voorruit aangebring.

Oos-Moot Ondersteunersklub groete

---
---
---

MUSIEK KARNAVAL 2019

• Datum:  18 Mei (Saterdag)

• Tyd:  12:00 tot 23:00

• Kaartjies:  R120 per persoon

SANGERS

Snotkop, Dirk, Monique en 'n verassingsoptrede.

VERMAAK

Groot mallemeule, kunsmark, baie kosstalletjies en Mario die Kulkunstenaar (17:00 tot 18:00).

GEEN EET- EN DRINKGOED WORD TOEGELAAT NIE.

Bring u eie stoel en kombers.  Kom geniet 'n vreugdevolle wintersdag in Oosie-land.

Navrae kan gerig word aan me René de Klerk (012) 332 0601.

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Elektroniese Nuusbrief

Die weeklikse nuusbrief word elektronies na ongeveer 1800 e-posadresse uitgestuur.

Kostes vir plasing is soos volg:

• Eenmalig – R250

• Per week – R100

• Per maand - R400

Formaat van advertensie:  Oorspronklike elektroniese formaat (jpeg of png).

Let wel:  Geen pdf of geskandeerde advertensies kan geplaas word nie.

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

---
---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

S HEARNE (SKOOLHOOF)

---