07/2019

21 Februarie 2019

---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders en personeel wat presteer. 

Swem

Ons swemmers sluit die swemseisoen met goeie individuele prestasies af.  Logan Truter (0/16) – Tweede posisie op die SENIOR VICTOR LUDORUMLYS met eerste plekke in 50m Rugslag, 50m Vlinderslag en die derde plek in die 200m Individuele Wisselslag. 

Corlia Botha (0/19) – Sesde posisie op die SENIOR VICTRIX LUDORUMLYS met derde plekke in die 100m Vryslag en 50m Rugslag. 

Werner Botha (0/19) – Tweede plek in die 50m Borsslag.

Carlo Janse van Rensburg (0/15) – Agtste posisie op die JUNIOR VICTOR LUDORUMLYS met die derde plek in 50m Rugslag en 50m Vlinderslag.  Ons seunsswemmers behaal die derde plek in die Ope Seuns 200m Wisselslagaflos.

---

Atletiek

Die Oosie-atlete het tydens hierdie byeenkoms teen strawwe kompetisie te staan gekom.  Ons topatlete vir hierdie byeenkoms, was:

Eerste plekke

Kyra Botha (0/19) – Verspring.   Kyra  het die verspringrekord vir o.19 meisies oortref met haar beste poging van 5.69m.

Marlo Prinsloo (0/19) – Verspring (6.80m)

Danie Botha (0/19) – 100m (10.92s) en 200m (22.19s). 
Evert Alderson (0/19) – Diskus (46.56m).

---

Oosie-Enduro

Na die opleidingsdag by Mamarock Enduro het die afrigters drie leerders, met die vaardighede om op Motocross vlak deel te neem, gekies.  Die Oosies wat ons trots gaan maak by die EnduroXGames, op 9 Maart is:  Amber Botha (gr12), Emile Coetzee (gr8) en Jade Lotz (gr12).  Hulle oefen elke naweek en werk hard daaraan om in die uitdagende kompetisie te kan presteer.

---

Afrikaanse Redenaarsfinaal

Die volgende Oosies is die wenners van die finaal op 20 Februarie.

• Juniors: 1ste plek - Lianke van Wyk, 2 de plek - Wian Styger, 3 de plek - Elsje Styger

• Seniors: 1ste plek - Anriëtte Haasbroek, 2de plek - Nica-May van Zyl, 3de plek - Marli Rheeder.

---

ATLETIEK: INTERHOËRREËLINGS

22 FEBRUARIE TE MENLOPARK

Die byeenkoms begin om 08:00 en eindig om ongeveer 18:30

Die busse met die atlete vertrek om 05:45 en die Blou Golf lede vertrek om 07:30 vanaf die skool en behoort om ongeveer 19:00 terug te wees.

Atlete moet geklee wees in die korrekte Oosie-drag en Oosie-golf lede in die korrekte skooldrag.

Daar is GEEN SKOOL VIR DIE ANDER LEERDERS NIE.  Daar sal wel toesig by die skool beskikbaar wees.

Indien enige reëlings aangaande dié byeenkoms verander, sal die skool die ouers per sms in kennis stel.

Belangrike reëls van toepassing by die Interhoër

• Slegs atlete wat op 'n spesifieke tyd deelneem, mag op die atletiekveld wees.

• Geen ander leerder/mede-atleet (tensy hy/sy ook aan daardie item deelneem)/ouer of afrigter mag atlete op die veld vergesel nie.  DIT KAN LEI TOT DIE ATLEET SE DISKWALIFIKASIE.

• Met byeenkomste is die kleredrag vir die atlete soos volg:  Skool se amptelike atletiekdrag op die veld en amptelike Oosie-drag van die veld af.  GEEN ANDER sportdrag (Top 10-hemde, Oosie oefenhemde ens.) mag gedra word nie.

---

AKADEMIE

Graad 12-inligtingsaand

Die Graad 12-leerders en ouers word uitgenooi na die inligtingsaand op 25 Februarie om 18:30 in die skoolsaal.  Belangrike inligting word tydens dié geleentheid aan ouers en leerders deurgegee.

Graad 10-Veldskool

Die jaarlikse Graad 10-kamp vind plaas vanaf 28 tot 31 Augustus 2018, te Kwaggasrus (30km anderkant Brits).

Graag wil ons dat AL die graad 10-leerders die kamp bywoon. Volg die skakel vir skrywe met volledige inligting.  Die skrywe is ook op die skool se webtuiste by Wie is ons/Aflaaibare vorms beskikbaar.

---

KULTURELE TOER NA BUDAPEST 2020

Ons beplan ‘n kulturele toer na Budapest in Junie 2020 (skoolvakansie).  Ons wil graag 'n meningsopname doen om te bepaal of die beoogde toer sal kan voortgaan.   Volg die skakel vir die skrywe.  Volledige inliging ten opsigte van die toerprogram is beskikbaar by die volgende onderwyseresse:  me L de Bruin, me M Botha of me R Steinmann.

---

BELANGRIK: UITTEKEN VAN LEERDERS

Leerders wat uitgeteken gaan word vir afsprake, se skooldagboekie (geen ander vorms of los papiere nie) moet reeds die vorige dag voltooi en deur die voogonderwyseres (Beheer-spasie) geteken word.  Die leerder meld op die dag en tyd wat hy by die skool afgehaal word, saam met sy ouer, by die skool se ontvangs aan om formeel uitgeteken te word.

Leerders se skooldagboek moet ELKE DAG by die skool wees.

---

Koskaskenades voedselinsamelingsprojek

Die skool se kosprojek verskaf kospakkies aan 'n aantal gesinne van ons skool.  Met die koskaskenades word produkte vir dié projek ingesamel. Produkte en items kan vanaf 25 Februarie tot 8 Maart by die klasvoogde ingehandig word.

Daar is 'n prys vir die klas wat die meeste items insamel en elke registerklas ontvang 'n sak om die items in te sit.  

Enige navrae kan aan me Lee Bouwer gerig word.

Die itemindelings volgens graad is soos volg:

---

GEEN PARKERING IN 32STE LAAN

Dit het onder ons aandag gekom dat ouers steeds in 32ste laan op die GEEN PARKERING AREAS langs die straat parkeer.  Ons versoek ouers om NIE op hierdie areas te parkeer nie.  Dit is 'n oortreding van die verkeerswet en 'n veiligheidsrisiko vir ons leerders (President Kruger Kinderhuis kinders en ander leerders) wat in 32ste laan uit die skoolterrein stap of met fietse en motorfietse uitbeweeg.  Die geparkeerde motors belemmer die sig en beperk die beweging van verkeer in die straat  Ons vra asseblief u samewerking alvorens die Metro Polisie genader sal word om die probleem aan te spreek.

---

KULTUUR

Mnr en Mej Oos-Moot Gala-aand 2019

• Datum:  14 Maart 2019

• Tyd:  19:00

• Plek:  Skoolsaal

• Kleredrag:  Informeel

• Kaartjies:  R80 per persoon

Kaartjiesverkope open op 5 Maart en kan voor skool en tydens pouses by die Konferensiekamer aangekoop word.

---
---

SPORT

Atletiek

INTERHOËR - 22 Februarie (weg)

Volg skakel vir AL die atletiekprogramme

Wintersport (Rugby/Netbal/Hokkie)

Die proewe vir die Wintersport vind plaas op 23 Februarie.

• Hokkie

• Netbal

• Rugby

Hokkie

Wedstryde op 26 Februarie teen Hoërskool Brits (tuis)

---
---

REÜNIE

1969 Matrieks

• Datum:  14 September 2019

• Plek:  Hoërskool Oos-Moot

Kontak asseblief vir James Young by james@denovoib.co.za met jou kontakbesonderhede.

---
---
---

MUSIEK KARNAVAL 2019

• Datum:  18 Mei (Saterdag)

• Tyd:  12:00 tot 23:00

• Kaartjies:  R120 per persoon

SANGERS

Snotkop, Dirk, Monique en 'n verassingsoptrede.

VERMAAK

Groot mallemeule, kunsmark, baie kosstalletjies en Mario die Kulkunstenaar (12:00 tot 18:00).  GEEN EET- EN DRINKGOED WORD TOEGELAAT NIE.  Bring u eie stoel en kombers.  Kom geniet 'n vreugdevolle wintersdag in Oosie-land.  Navrae kan gerig word aan me René de Klerk (012) 332 0601.

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Elektroniese Nuusbrief

Die weeklikse nuusbrief word elektronies na ongeveer 1800 e-posadresse uitgestuur.

Kostes vir plasing is soos volg:

• Eenmalig – R250

• Per week – R100

• Per maand - R400

Formaat van advertensie:  Oorspronklike elektroniese formaat (jpeg of png).

Let wel:  Geen pdf of geskandeerde advertensies kan geplaas word nie.

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

---
---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

S HEARNE (SKOOLHOOF)

---