VEILIGHEID
Na die insidente by verskeie skole die afgelope tyd, wil ons graag ons ouers gerusstel dat ons voortdurend alle veiligheidsaspekte evalueer.
Wat die strukturele veiligheid van ons skool betref, is daar nie nou enige bekommernisse nie. Dit is deurlopend onderhewig aan inspeksies en waar nodig word regstellings gedoen.
Wat die algemene veiligheid betref, is verskeie maatreëls in plek. Vir veiligheidsredes kan ons dit nie hier bespreek nie. Afriforum het op Woensdag, 27 Februarie, 'n veiligheidsoudit by ons gedoen met 'n positiewe uitkoms.
Ons is ook besig om alle veiligheidsaspekte te hersien (opdatering van ons beleide en opgradering van ons opleiding).