09/2019

8 Maart 2019

Laaste nuusbrief vir die eerste kwartaal

---

SKOOL SLUIT

Die skool sluit op, Vrydag, 15 Maart om 10:30 en heropen op 2 April.  Ons wens almal 'n veilige reis en heerlike rustyd toe.

---

PERSONEEL

Ons neem afskeid

Ons neem aan die einde van hierdie kwartaal afskeid van:

Me Cornie Tredoux en Susie Ackermann wat aftree.

Juffrou Cornie jy het 'n spesiale plekkie in ons harte en lewens.  Mooi loop!  Kies jou tree met sekerheid en loop doelgerig en voorspoedig deur die lewe na Oos-Moot.  Laat jou voete jou na Geluksburg lei.

Juffrou Susie, mag juffrou elke oomblik van juffrou se nuwe avontuur geniet en onthou blom net daar waar juffrou geplant is, in ons harte sal die mooiste roos wat ons ken nooit verwelk nie, want ons gaan ons herinneringe aan juffrou gereeld water en kunsmis gee en snoei en gereeld die herinneringe aan juffrou omdolwe om te herleef.

---

Nuwe personeel

Ons verwelkom mnr Johan Meyer ons nuwe Terreinbestuurder in Oosie-land en wens hom alles van die beste toe.

---

HOOF SE VERJAARSDAG - 22 MAART

---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders en personeel wat presteer. 

Swem

GAUTENG SKOLE KAMPIOENSKAPPE 2019

Logan Truter (gr10) swem SES GOUE MEDALJES los tydens hierdie kampioenskappe. Hy verower goue medaljes in die volgende items: 50 en 100m vlinderslag, 50 en 100m vryslag en 50 en 100m rugslag. Uitmuntende prestasies!

---

Atletiek

GAUTENG KAMPIOENSKAPPE 2019
Die volgende Oosie-atlete is ingesluit by die Tshwane Noordspan wat aan die Gautengkampioenskappe deelneem:

• 0/15:  Micyla Botha, Mignon Burger, Tiana vd Heuvel, Zané van Tonder en Heino Beneke.

• 0/17: Janelle Swanepoel, Chané van Zyl, Fébé Wessels, Melissa Grobler, Cameron Slement en Rolen Visagie.

• 0/19: Annabelle Bester, Kyra Botha, Demi Jansen, Danae Jv Rensburg, Klarine Schutte, Danie Botha, Ruan de Lange en Marno Gerber.  Sterkte.

---

Karate - SA

Mej S Ludick (heel links - onderwyseres) verower die bronsmedalje tydens die 2019 Senior Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe.  Baie geluk!

Karate - Gauteng

Stefan Marais (gr12) is gekies om die Gauteng Karate Federasie by die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe te verteenwoordig.  Baie geluk!

---

AKADEMIE

Graad 12:  IGO PAT-SESSIE

Daar is op Saterdag, 9 Maart, vanaf 08:00 – 17:00 ‘n IGO PAT-werksessie vir die Graad 12-leerders (Mnr. Danie Smith se klas) wat nog nie met Fase 1 klaar is nie.  Fase 1 van die PAT moet op die laatste, Maandag, 11 Maart tydens klastyd ingehandig word.  Die departement laat geen laat inhandigings toe nie.  Matrieks wat nie die fase 1 Maandag inhandig nie, word streng gepenaliseer.

Graad 11:  Toerisme uitstappie

Die uitstappie van 11 Maart na die OR Tambo Lughawe word uitgestel na 8 April.  Alle gelde wat inbetaal is, word oorgedra vir die uitstappie op 8 April.

Graad 10-Veldskool

Die jaarlikse Graad 10-kamp vind plaas vanaf 28 tot 31 Augustus 2018, te Kwaggasrus (30km anderkant Brits).

Graag wil ons dat AL die graad 10-leerders die kamp bywoon. Volg die skakel vir skrywe met volledige inligting.  Die skrywe is ook op die skool se webtuiste by Wie is ons/Aflaaibare vorms beskikbaar.

---
---

KULTURELE TOER NA BUDAPEST 2020

Ons beplan ‘n kulturele toer na Budapest in Junie 2020 (skoolvakansie).  Ons wil graag 'n meningsopname doen om te bepaal of die beoogde toer sal kan voortgaan.   Volg die skakel vir die skrywe.  Volledige inliging ten opsigte van die toerprogram is beskikbaar by die volgende onderwyseresse:  me L de Bruin, me M Botha of me R Steinmann.

---

KULTUUR

Oosie-Idols

Die finalé is op 17 April om 18:30 in die skoolsaal.  Kaartjies is R20 per persoon.

Die finaliste word Maandag, 11 Maart op die skool se FACEBOOK aangekondig.  Hou die skool se FACEBOOK dop vir die YOUTUBE video's van die finaliste.  

Ligte Musiekorkes

Daar is nog geleentheid vir leerders om by die orkes aan te sluit.  Die orkes het nog plek vir dwarsfluit, Eufonium, klavier (moet reeds goed kan speel en bladlees) en vele meer.  Belangstellendes kan Mnr. Smith by die skool kontak of belangstellende leerders kan hom in klaskamer 98 gaan spreek.

Mnr en Mej Oos-Moot Gala-aand 2019

• Datum:  14 Maart 2019

• Tyd:  19:00

• Plek:  Skoolsaal

• Kleredrag:  Informeel

• Kaartjies:  R80 per persoon

Kaartjies kan tydens pouses by die Konferensiekamer aangekoop word.

---

SPORT

Wintersport (Rugby/Netbal/Hokkie)

Wedstryde op 9 Maart (tuisvelde) teen Hoërskool Klerksdorp.

• Hokkie

• Netbal

• Rugby

Netbal

TOER

• Die 1ste- en 0/17A-spanne toer na George (17 Maart tot 22 Maart).

• Alle uitstaande toergelde moet asseblief voor die skool sluit (15 Maart) betaal wees.

Ons wens al ons sportspanne sterkte toe met die toere, kampe en klinieke wat gedurende die vakansie plaasvind.  Veilig reis.

Landloop

Landloop oefening begin die 2de kwartaa.  Oefentye is Maandag tot Vrydag vanaf 14:00.  Die afrigter is juffrou L Bekker.

---

PnP WAVERLEY:  KOMPETISIE

Die jaarlikse PnP kompetisie het weer afgeskop.  Die skool met die meeste BETAALSTROKIES wen 'n bedrag geld.  Ons vra dat ons ouers en leerders ons ondersteun en hul betaalstrokies in die houer gemerk OOS-MOOT plaas.

---
---
---

MUSIEK KARNAVAL 2019

• Datum:  18 Mei (Saterdag)

• Tyd:  12:00 tot 23:00

• Kaartjies:  R120 per persoon

SANGERS

Snotkop, Dirk, Monique en 'n verassingsoptrede.

VERMAAK

Groot mallemeule, kunsmark, baie kosstalletjies en Mario die Kulkunstenaar (12:00 tot 18:00).  GEEN EET- EN DRINKGOED WORD TOEGELAAT NIE.  Bring u eie stoel en kombers.  Kom geniet 'n vreugdevolle wintersdag in Oosie-land.  Navrae kan gerig word aan me René de Klerk (012) 332 0601.

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Elektroniese Nuusbrief

Die weeklikse nuusbrief word elektronies na ongeveer 1800 e-posadresse uitgestuur.

Kostes vir plasing is soos volg:

• Eenmalig – R250

• Per week – R100

• Per maand - R400

Formaat van advertensie:  Oorspronklike elektroniese formaat (jpeg of png).

Let wel:  Geen pdf of geskandeerde advertensies kan geplaas word nie.

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

---
---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

S HEARNE (SKOOLHOOF)

---

ADVERTENSIES

---
---