10/2019

5 April 2019

---

WELKOM TERUG

Ons verwelkom al ons ouers, leerders en personeel terug en wens almal sterkte vir die kwartaal toe.

---

INSKRYWINGS 2020

Die inskrywings vir die graad 8's vir 2020 open op 13 Mei 2019.  Besoek die skool se webblad, Toekomstige Oosies.

---
---

PERSONEEL

---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders en personeel wat presteer. 

Atletiek

OOSIES SE VIER SUID-AFRIKAANSE SKOLE ATLETIEKKAMPIOENE 2019

Ons is ongelooflik trots op ons atlete wat tydens die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Port Elizabeth uitstekend presteer het. Ruan de Lange (0/19) wen die 110mH, Chané van Zyl (0/17) wen die spiesgooi met ń pragafstand van 49.50m, Danae Janse van Rensburg (0/19) verwerf die goue medalje vir gewigstoot met ń afstand van 13,13m en Micyla Botha (0/14) wen die 0/15-hoogspring met 'n hoogte van 1.71m.

---

Netbal

WATERKLOOF NETBALWEEK 2019
Micyla Botha (0/14) word gekies vir die Kloofies 0/15-uitnodigingspan na Dubai. Agt en vyftig netbalspanne van regoor die land en Namibië het deelgeneem aan hierdie toernooi.

 

Southern Cape Sports Tours toernooi

1ste-netbalspan wen ook die Southern Cape Sports Tours toernooi te HS Outeniqua in George. Negentien spanne het in die 0/19 groep deelgeneem. Ons 0/17A-span wat in dieselfde groep deelgeneem het, het in die 5de posisie.   Die volgende Oosie-spelers is ingesluit by die span wat later vanjaar na Ierland toer.   Salome Smit, Janine Coertze, Ulricke Portwig, Nadine Steenberg, Anje Visser, Jana Dreyer, Fébé Wessels en Danae Jv Rensburg.

---

Mnr en Mej oos-Moot 2019

Die 2019 gala-aand op 14 Maart, was ‘n ware belewenis met Ruan Josh en Leah (Boer soek ‘n Vrou aanbiedster) as aanbieders en gaskunstenaars.

• Mnr en Mej Oos-Moot:   Michael Ferreira en Tyla Groenewald

• Eerste Prins en Prinses:  Ettienne Badenhorst en Linette Smit

• Tweede Prins en Prinses:  Marcus Breytenbach en Janine Coertze

• Mnr en Mej Persoonlikheid: Danie Botha en Maria Mpete

• Mnr en Mej Fotogenies:  Luan Liebenberg en Linette Smit

• Beste paartjie:  Ivan Viljoen en Leoné du Plessis

---

Redenaars

MOOT REDENAARS 2019
Ons redenaars presteer tydens die Moot Redenaars finaal.
AFRIKAANS
Juniors: Lianke van Wyk (1ste plek) en Wian Styger (3de
plek). Seniors: Anriëtte (Bibi) Haasbroek (1ste plek) en Nica-May van Zyl (4de plek).
ENGELS
Juniors: Elsje Styger (1ste) en Jaylin van Zyl (2de).
Seniors: Anriëtte Haasbroek (1ste) en Kyla Haines (2de).

---

Sagtebal

Johandri vd Walt (0/19) word tydens die Suid-Afrikaanse Senior Sagtebal Klubkampioenskappe as die beste gooier van die toernooi aangewys.

---

Oosie-Idol finaliste 2019

Ons tweejaarlikse Oosie-Idolkompetisie het vroeër vanjaar afgeskop met die oudisies.  Die finaliste is:

Senior afdeling:  Gizelle de Beer, Heinrich Botha, Chané van Zyl, Chandeline Potgieter, Anwen Chu, Mareon Potgieter, Vené Smuts, Christie Childs en Marnu du Plessis.

Junior afdeling:  Eunice Campher, Chanelle du Plessis en Zané du Toit.

---

Karate

ISKF PROVINSIALE KARATE 2019
Lorijke Müller (gr8) het tydens die ISKF Provinsiale Karate Kampioenskappe op 9 Maart, uitstekend presteer. Sy verwerf 'n goue medalje in Kumite, silwermedalje in Kata, ontvang die trofee vir die beste kumite in haar ouderdomsgroep en kwalifiseer om in September aan die Nasionale Kampioenskappe te gaan deelneem.

KARATE NASIONALE KAMPIOENSKAPPE
Lorijke Müller (gr8) verower tydens die United World Karate se Nasionale kampioenskappe 2019 (30 Maart) 'n silwer medalje vir Kumite.

---

Rugby

MAURITZ HANSENWEEK 2019

Ons rugbyspelers wys hul staal tydens die 2019 Hansieweek.  Die eerste span WEN die Hansieweek met hul oorwinning teen Hoërskool Klerksdorp (15 – 14).  Vroeër in die week klop hul Affies (3) en Witteberg.  Die 0/15-span was onoorwonne met hul oorwinnings teen HS Noordheuwel (B) en Ellisras en gelykop teen HS Dinamika.

Die Oosie rugbyspelers stap weg met die trofee vir die skool met die meeste gees. 

Uitstekende individuele prestasies is gelewer deur:  LJ Viljoen - Beste rugbyspeler en voorspeler van die week en Sarel Nel - Beste agterspeler van die week.

Die volgende spelers word in Mauritz Hansen spanne opgeneem: Sewe Oosie-seuns word ingesluit by die 0/19 XV-tal:  LJ Viljoen, Sarel Nel, Magiel Dercksen, Juan-re van Niewenhuizen, Danie Botha, Rolen Visagie en Jaco Kok.

Nandus Pieterse word in die 0/16 XV-tal opgeneem.

Toergroep na Ierland:  Heinrich van Tonder en Ruan de Lange word ingesluit by die toergroep na Ierland.

---

AKADEMIE

Toets- en opedagreëlings

Al die graad 8- tot 12-leerders skryf op 9 April, Eksamenvraestel (3) in Engels (opstelle).  Die skool verdaag direk na die toets, om 08:45 vir al die leerders behalwe die wat betrokke is by die OPEDAG.

Let wel:  Indien ʼn leerder die dag nie opdaag nie, moet die skool voor 08:00 in kennis gestel word en van ʼn doktersbrief voorsien word. 

Rapporte

Die rapporte word op 12 April aan die leerders uitgegee. 

OUERAAND (Verandering van datum)

Die oueraand vir die graad 8- tot 12-leerders vind nou op 16 April 2019 vanaf 17:00 tot 20:00 in die LO- en skoolsaal, plaas.  

Vakveranderings sluit

Die vakveranderings vir die graad 11-leerders het reeds gesluit.  Graad 10-leerders kan nog tot middel Mei vakke verander.

Wiskundesentrum

Klasse is op die volgende dae, direk na skool tot 15:20

MAANDAE

• Graad 8 (Me C Venter / Mnr D Snyman)

• Graad 9 (Mej S vd Wetering)

• Graad 10 (Mej C Peens)

• Graad 11 (Me H van Staden)

• Graad 12 (Me V Gertzen)

DINSDAE: Graad 9 (Me H van Rooyen)

WOENSDAE: Graad 8 (Mnr D Snyman)

---
---

WINTERSDRAG VANAF 2 MEI 2019

Die leerders begin op 2 Mei die skool se AMPTELIKE WINTERSDRAG dra.   Die wintersdrag is volledig uiteengesit in die leerderdagboek 2018 en ook op die skool se webblad by Skooldrag

Let wel:  GEEN SWEETPAKBAADJIES word saam met skooldrag toegelaat nie.

Skoolkleurbaadjies is VERPLIGTEND vir alle leerders.

---

ECO-OOSIE PROJEK

" A Plastic Ocean"

Pretoria FM het ons genader om deel te word van 'n herwinningsprojek, om so die gebruik van platiek en die hoeveelheid plastiek in die oseane te verminder.

Taak

Uitgewaste en platgedrukte tweeliter (2L) koeldrank-, water- en melkbottels moet versamel word.  Die bottels word in spesiale sakke by die skool geplaas.

Prys

Ons kompeteer teen 8 skole en die skool wat wen ontvang 'n GRATIS konsert deur WILLEM BOTHA.  PRETORIA FM doen op 12 Mei 'n lewendige uitsending vanaf die skool wat gewen het.

Hierdie projek sluit op 10 Mei.

Ons het elke huisgesin se hulp nodig om hierdie projek 'n sukses te maak.  Ondersteun ons asseblief!

---

SPORT

Wintersport (Rugby/Netbal/Hokkie)

Wedstryde op 6 April (tuisvelde) teen Hoërskool Frikkie Meyer.

• Hokkie

• Netbal

• Rugby

RADIO RUGBY - LEWENDIGE RADIO UITSENDING OP FACEBOOK VAN ONS 1STE-SPAN SE WEDSTRYD TEEN HS FRIKKIE MEYER OP 6 APRIL 2019.  Volg die skakel hieronder en "like" die facebookblad. Enige plasings en aktiwiteite kan dan op hierdie blad gevolg word.

Let wel: Almal wat die blad volg sal op die dag van die uitsending 'n kennisgewing ontvang wat aandui dat Radio Rugby nou 'n lewendige uitsending het. Klink op die "live" video om in te luister.
https://www.facebook.com/radiokommentaar/ 

Landloop

Landloopoefening het begin.  Oefentye is Maandag tot Vrydag vanaf 14:15 by mej L Bekker of Maandag tot Donderdag vanaf 16:00 by me R Fourie en S Kompagnie.

---

PnP WAVERLEY:  KOMPETISIE

Die jaarlikse PnP kompetisie het weer afgeskop.  Die skool met die meeste BETAALSTROKIES wen 'n bedrag geld.  Ons vra dat ons ouers en leerders ons ondersteun en hul betaalstrokies in die houer gemerk OOS-MOOT plaas.

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Elektroniese Nuusbrief

Die weeklikse nuusbrief word elektronies na ongeveer 1800 e-posadresse uitgestuur.

Kostes vir plasing is soos volg:

• Eenmalig – R250

• Per week – R100

• Per maand - R400

Formaat van advertensie:  Oorspronklike elektroniese formaat (jpeg of png).

Let wel:  Geen pdf of geskandeerde advertensies kan geplaas word nie.

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

S HEARNE (SKOOLHOOF)

---

ADVERTENSIES

---
---
---
---