11/2019

12 April 2019

---

INSKRYWINGS 2020

Die inskrywings vir die graad 8's vir 2020 open op 13 Mei 2019.  Besoek die skool se webblad, Toekomstige Oosies.

---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders en personeel wat presteer. 

Hokkie

ECHS HOKKIETOERNOOI 2019
Ons 1ste-seuns en dogtersspanne, die 2de- en 0/16A-dogterspanne het aan hierdie toernooi te Bethlehem deelgeneem.  Uitstekende individuele prestasies is gelewer deur:  Kaleigh Kovago - este (0/19) middelveldspeler (dogters), Tiaan van Vollensteen - beste (0/19) middelveldspeler (seuns) en Lyné Grobler wat aangewys is as die beste 0/16 doelwagter.   Die volgende spelers is ook gekies vir die Nederlandtoer in September 2019:  Kaleigh Kovago, Melissa Grobler, Marelize Esterhuizen, Lyné Grobler en Markus Breytenbach.  Baie geluk!

---

TRAMPOLIEN
Cullen Campbell (Gr10) het tydens die Suid-Afrikaanse Bekerkompetisie, op 6 April, twee silwer medaljes verower. Baie geluk!

---

Dans

Elsje Styger (Gr8) het tydens die April vakansie deelgeneem aan die Dance World Cup (Suid-Afrikaanse kwalifiserende kampioenskappe) asook aan die Battle of the Giants kompetisie. Sy verower drie goue medaljes en 1 silwer medalje vir solo's in Jazz, Showdance en Modern groepe. Twee silwermedaljes vir solo's in Jazz en Akro-dans en 1 bronsmedalje vir 'n solo in Show-dance. Baie geluk!

Tuimel

Wian Styger (Gr9) het tydens die Elite SA Uitnodigingstoernooi, in April, 'n derde plek behaal. Slegs die top 16 tuimel- en trampoliengimnaste van 2018 (in onderskeie afdelings) het op uitnodiging aan hierdie toernooi deelgeneem. Baie geluk!

---

Skaak

Twee van ons Oosie-skaakspelers: Ian van Wyk (0/18) en Werner Jansen van Rensburg (0/15) het deurgedring na die finale rondte van die Distriksuitdunne. Baie geluk en sterkte!

---

AKADEMIE

Toetsdatumverandering: Gr10 tot 12

Die graad 10 tot 12 leerders se toetse van Donderdag, 18 April word, as gevolg van kultuur- en sportaktiwiteite verskuif na Woensdag, 17 April.

Oueraand

Die oueraand vir die graad 8- tot 12-leerders vind op 16 April 2019 vanaf 17:00 tot 20:00 in die LO-saal en Kafeteria, plaas. 

Afwesig met toetse/eksamens

Leerders wat afwesig is/was met 'n toets- of eksamenvraestel MOET die skool van 'n doktersbrief voorsien.

---

d6 CONNECT TOEP

Die toep kan nou op beide selfoon en rekenaar afgelaai word. Volg die skakel vir die handleiding. https://docs.google.com/…/1KpEuuL6oPg64JHVyZ5nyiFtfjJl…/edit

'n Verteenwoordiger van d6 Connect sal op 16 April, tydens die oueraand (17:00 tot 20:00) beskikbaar wees vir ouers wat probleme ondervind met registrasie op die toep.

---

WINTERSDRAG VANAF 2 MEI 2019

Die leerders begin op 2 Mei die skool se AMPTELIKE WINTERSDRAG dra.   Die wintersdrag is volledig uiteengesit in die leerderdagboek 2018 en ook op die skool se webblad by Skooldrag

Let wel:  GEEN SWEETPAKBAADJIES word saam met skooldrag toegelaat nie.

Skoolkleurbaadjies is VERPLIGTEND vir alle leerders.

---

BLOEDSKENKDAG

Kom skenk asseblief bloed op 15 April, vanaf 09:00 tot 14:00 by ons skoolsaal.

---

KULTUUR

Idols

LUISTER NA ONS OOSIE-FINALISTE OP YOUTUBE EN STEM
Opnames van elkeen van ons finaliste is nou beskikbaar op YouTube. Gaan kyk en luister. Die volgende toekennings word gemaak t.o.v. die YOUTUBE video.
Die "WAT KYK JY TOEKENNING" - vir die video met die meeste "views". Dit sluit op 14 April om 19:00. Die leerders stem op 16 April (gedurende klastyd) vir die GUNSTELING senior- en junior Idol .
Volg die skakel en LUISTER en KYK na ons IDOLS.https://www.youtube.com/channel/UC3IGPnTpMrYjnHGZmoEnhZw

IDOLS-FINAAL

Kom kyk en luister na ons Oosie-Idols by die finaal op 17 April om 18:30.  Kaartjies:  R20 per persoon.  Kaartjies beskikbaar by k67.

---

SPORT

Wintersport (Rugby/Netbal/Hokkie)

Wedstryde op 13 April (weg) teen Hoërskool Centurion.

• Hokkie

• Netbal

• Rugby

Toegangsgelde by Hoërskool Centurion is:  R20 per motor en R20 per persoon.

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

S HEARNE (SKOOLHOOF)

---

ADVERTENSIES

---
---
---