12/2019

18 April 2019

---

PAASNAWEEK

Ons wens al ons ouers, leerders en personeel 'n geseënde Paasnaweek toe. 

JOHANNES 3:16 

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

---

LIEF EN LEED

Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van Natalie van Dales (Gr11) se vader. 

Ons vra asseblief voorbidding vir me L du Toit (Oosie-ouer) in haar stryd teen kanker.

 

---
---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders en personeel wat presteer. 

Swem

SUID-AFRIKAANSE NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2019
Logan Truter (0/16) bou steeds voort op sy ongelooflike swemprestasies met die volgende praguitslae tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Kampioenskappe (20 tot 24 Maart):  200m rugslag (2de), 50m rugslag (4de) en 100m rugslag (5de).  Hy het ook  aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe (8 tot 12 April) deelgeneem. Sy prestasies plaas hom by hierdie kampioenskappe algeheel in die 4de plek van die Jeugafdeling en algeheel in die 25ste plek.  (Die heel beste swemmers in die land neem aan hierdie kampioenskappe deel).  Baie geluk!

---

Oosie Idol-Wenners 2019

Dié tweejaarlikse kompetisie het hierdie jaar weer ongelooflike talent gelewer.  Ons wenners vir 2019 is:

• Junior:  Chanelle du Plessis

• Senior:  Heinrich Botha

• Oosie-Mosie toekenning (stemme van leerders):  Juniors - Zané du Toit en Seniors - Heinrich Botha

• Idol met die meeste "views" op Facebook:  Zané du Toit (2253 views).

Die totale aantal "views' vir al die Idol video's was 15400.

---

AKADEMIE

Toetse

Die graad 8 tot 12-leerders skryf op 23 en 25 April kwartaaltoetse.

---
---

MATRIKULANTE 2018 - TWEEDE GELEENTHEID EKSAMEN

https://www.education.gov.za/…/2019%20SC-NSC%20timetable.pd…

---

WINTERSDRAG VANAF 2 MEI 2019

Die leerders begin op 2 Mei die skool se AMPTELIKE WINTERSDRAG dra.   Die wintersdrag is volledig uiteengesit in die leerderdagboek 2018 en ook op die skool se webblad by Skooldrag

Let wel:  GEEN SWEETPAKBAADJIES word saam met skooldrag toegelaat nie.

Skoolkleurbaadjies is VERPLIGTEND vir alle leerders.

---

SPORT

Wintersport (Rugby/Netbal/Hokkie)

• Hokkie

• Netbal

• Rugby

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

S HEARNE (SKOOLHOOF)

---

ADVERTENSIES

---
---