18/2019

12 Julie 2019

---

WELKOM TERUG

Ons sien uit na 'n opwindende kwartaal en wens al ons leerders, veral ons matrikulante, sterkte toe met die Rekordeksamen, toetse en aktiwiteite vir hierdie kwartaal.

---

LIEF EN LEED

Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van:

• Lenita (gr10) en Leyla Stapelberg (gr11) se moeder,

• Me Myrtle Grobler se skoonmoeder, en

• Me Marietjie Botha se vader. Ons dra jul in ons bede op.

---

PERSONEEL

Mnr TN Kotzé (Adjunkhoof) neem na mnr S Hearne se aftrede, as Hoof waar.

Ons verwelkom graag die volgende tydelike personeel:

• Me M Haasbroek

• Mnr B King

• Mej C Lazarus

Ons gelukwense aan me M du Preez wat in die huwelik getree het (voorheen de Beer), Mej C Peens en Me S Human wat verloof geraak het.

---

GELUKWENSE

Baie geluk aan al ons leerders wat prestasies op verskeie gebiede behaal het. Oosies is trots op julle!

---
---
---
---
---
---
---
---
---

AKADEMIE

RAPPORTE

Die leerders ontvang hul rapporte op 19 Julie 2019.

OUERAAND

Die oueraand (op uitnodiging) vir die graad 8- tot 12-leerders is op 22 Julie.

WISKUNDE SENTRUM

Die GRATIS Wiskunde klasse begin weer op Maandag, 15 Julie, direk na skool.  Meer inligting op die skool se webblad.

GRAAD 12-REKORDEKSAMEN

Die eksamenrooster sal sodra dit gefinaliseer is, beskikbaar gestel word.

GRAAD 9-VAKBEMARKING

---

OMR (Oos-Moot Raad)

Die OMR-bekendstellingsweek word, as gevolg van botsende skoolaktiwiteite, tot verdere kennisgewing aangeskuif. 

---

KOMPETISIES

---

PnP Waverley

Die jaarlikse PnP kompetisie is aan die gang.  Die skool met die meeste BETAALSTROKIES wen 'n bedrag geld.  Ons vra dat ons ouers en leerders ons steeds ondersteun en hul betaalstrokies in die houer gemerk OOS-MOOT plaas.

Interne Brugboukompetisie

Dié jaarlikse kompetisie vind op Vrydag, 12 Julie vanaf 14:00 tot 20:00 in mnr A Stolp se Fisiese Wetenskaplokaal plaas.  Die spanne bestaan uit drie leerders elk en die materiaal vir die bruê word voorsien.  Die brûe word op Maandag, 15 Julie getoets.

Die prysgeld is:  R600 (1ste plek), R450 (2de plek) en R300 (3de plek).

Baie dankie aan PRATLEY SUID-AFRIKA wat die GOM borg.

ATKV se "Oos-Moot Groot Kookkompetisie

Die ATKV bied aan "Oos-Moot se Groot Kookkompetisie 2019"
Uitdunrondtes: 15 tot 18 Julie (gedurende pouse in die vierkant)
Inskrywingsfooi: R20
Graad 8- tot 12-leerders welkom
Finaal: 19 Julie
Ses semi-finaliste
Drie finaliste
EEN wenner
Inskrywings is reeds oop
KONTANTPRYSE TE WEN!

---

REVUE 2019

Die Revue beloof om hierdie jaar weer 'n skouspel te wees. Die optredes is vanaf 13 tot 17 Augustus 2019 in die skoolsaal. Die koste per kaartjie is R100 per persoon. Revue-kaartjies kan nou ook aanlyn, deur die D6 toep aangekoop word. Aanlynverkope het op 18 Junie geopen. Kontantaankoop van kaartjies het op 9 Julie geopen. 

D6 TOEP:  HOËRSKOOL OOS-MOOT

Die skool streef daarna om, vir veiligheidsredes, die kontant op ons terrein te verminder en is trots om nou ook ‘n aanlynopsie te bied om die verkoop van ons Revue-kaartjies te fasiliteer.

AANLYNKAARTJIEVERKOPE werk dus soos volg:

• ‘n Skakel sal in die D6 toep gedeel en vir alle ouers per e-pos gestuur word.  Ouers kan die skakel op hul foon of rekenaar oopmaak en die hoeveelheid kaartjies wat hul wil aankoop, aandui.

• Die betaling vir die kaartjies geskied deur die D6 beursie in die toep.  Ons stel voor dat ouers eers ‘n bedrag geld (verkieslik per EFT) in die beursie laai deur die verwysing soos aangedui in die toep te gebruik.

• Kaartjies kan ook per kaart betaal word.  Die bankkoste sal egter van die ouer se rekening verhaal word.

• Na betaling sal ouers ‘n bewys van betaling, per e-pos, ontvang. 

• Die bewys van betaling word gebruik om die besprekings (optrededatum en sitplekke) vanaf 9 Julie by die skool te doen. 

• LW:  Daar is ‘n beperkte aantal sitplekke. 

• Kaartjieverkope op die d6 Connect (toep) open op 18 Junie.

KONTANTAANKOOP VAN KAARTJIES:

• Kaartjies kan vanaf 9 Julie 2019, tydens pouses, by kamer 17  (kontant/kaart) aangekoop word.

• Besprekings (optrededatum en sitplek) word by die skool gedoen.

---

KAMPE

Die jaarlikse graad 10-veldskool is vanaf 27 tot 30 Augustus 2019 te Kwaggasrus. Ons wil graag dat al die graad 10-leerders die kamp bywoon.  Indien u enige probleme ondervind, kontak gerus die skool, sodat ons alternatiewe reëlings kan tref. Kliek op die advertensie vir meer inligting.

---

FONDSINSAMELINGS

---
---

SPORT

Besoek ons onderskeie sportwebbladsye vir inligting aangaande ons verskillende sportsoorte, wedstrydprogramme, uitslae ens.

ATLETIEK

Die atletiekoefening het reeds begin.  Ons moedig ons leerders aan om te kom deelneem.  Die eerste byeenkomste begin al September 2019.

SAGTEBAL

13 Julie - "All day rally" (program beskikbaar)

RUGBY

13 Julie - Vriendskaplike wedstryde teen HS Zwartkop (program beskikbaar)

---

ADVERTEER IN DIE SKOOL SE NUUSBRIEF

Belangstellendes kan Me M Grobler (Bemarker) kontak by (012) 332 0601 of per e-pos by groblerm@oos-moot.co.za.

---

Ons opregte dank aan ons BORGE

Oos-Moot groete

TN KOTZÉ (Wnmd Skoolhoof)

---