Kultuur
Tuisblad Akademie Kalender Sosiaal Algemeen Sport Kultuur













ATKV:
Met trots kan ons noem dat Ho
ërskool Oos-Moot een van die min Jeugtakke van die ATKV is. Die jeugtak funksioneer onder die naam-Taaltoktokkies, want ons harte klop warm vir ons taal. Die Akiwiteite wat deur die organisasie gereël word poog daarin om te bewys dat mens wel hope pret in jou taal kan hê. Hoogtepunte op ons kalender is die "Dink-en-skink" en die Kultuurweek. Hou hierdie spasie dop vir meer inligting. Onder leiding van die ATKV-Taaltoktokkies, het ons vir die 1ste keer in die geskiedenis van die skool,ons eie radiostasie. Oosie-FM 11.4, saai weekliks op Donderdae vanuit die vierkant uit. Hier sal die leerders op hoogte gehou word van die nuutste nuus in Oosieland en met eg Afrikaanse melodieë vermaak word.
DEBAT:
Vir die eerste keer in jare gaan Hoërskool Oos-Moot weer aan debatskompetisies deelneem:Baie sterkte aan die twee senior spanne wat ingeskryf is:

Christel Botha en Leandri Meyer
Esté Kloppers en Larissa Zeelie


KULTUURDINEE:
Elke oosie wat gedurende die jaar aan ‘n kultuuraktiwiteit deelgeneem het, word by hierdie geleentheid beloon vir hul bydrae om oosie kultuur te bevorder. Ouers en kinders geniet hierdie spoggeleentheid saam en word getrakteer met ‘n drie-gang maal. Kostes van die kaartjies word later in die jaar aan die ouers gekommunikeer. ‘n Gasspreker word ook vir hierdie geleentheid gereël.
REDAKSIE:
Die Mootgenoot is Oos Moot se eie spogkoerant en maak twee keer ‘n jaar sy verskyning. Die redaksielede is lewenslustige en kreatiewe Oosies wat hul neuse op die grond hou en hul ore wawyd oop. Onder leiding van Danette van Niekerk, ons uiters bekwame redaktrise, sorg ons dat die koerantjie nooit verveel nie. Redaksielede kry ook jaarliks die geleentheid om hul skryfvernuf op te skerp deur die Beeld-Skoolkoerantkursus by te woon.

REVUE:
Onder leiding van Me Wilna Kalp word daar elke tweede jaar ‘n revue aangebied. Iedereen wat hierdie al gesien het, sal weet dat dit met geen normale skoolrevue vergelyk kan word nie.

TONEEL:
Me Isobet Oberholzer, Oos-Moot se eie geesreus, sorg hier dat die dinge gebeur en beplan om groot produksies hierdie jaar die planke te laat haal.

Trotsoosie1.jpg Trotsoosie2.jpg

 
 
 
 

Sunday, September 5, 2010
©2010 HOëRSKOOL OOS-MOOT Designed by Arachno Web Development