Sport
Tuisblad Akademie Kalender Sosiaal Algemeen Sport Kultuur




















 Oos Moot Sport

TTennis.gif netbal03_May._16_00.27.jpg hokkie1.jpg krieket.gif rugby_1.jpg atletiek3.jpg swem2.gif

Oos Moot het 'n trotse sport tradisie met leerders wat groot hoogtes bereik danksy baie nougesette en kundige afrigters. Alhoewel die akademie prioriteit geniet by Oos Moot moet daar nie gedink word dat die sport aktiwiteite afgeskeep word nie. Oos Moot het 'n verkeidenheid sportsoorte om van die kies en keur. Ons gee graag die wedstrydverslag vir 2010 tot op datum aan u deur. Kliek hier

Die sukses van ons sport is ook te danke aan 'n baie aktiewe ondersteunersklub. Moet dus nie skroom om aan te sluit en 'n ware ondersteuner te word nie.

Hier is so bietjie agtergrond inligting.

Die Ondersteunersklub van Hoėrskool Oos-Moot bestaan uit ‘n groep betrokke ouers wat omgee vir alle Oosie-leerders. Hulle het ten doel om alle aktiwiteite van die skool te ondersteun en alle ouers, personeel en leerlinge as ‘n hegte eenheid saam te snoer. 

Deur fondsinsameling gee die ouergroep ook aan leerlinge wat nie altyd die finansiėle vermoė het nie, die geleentheid om aan skoolaktiwiteite deel te neem. 

Lidmaatskap aan die klub sluit ook die volgende voordele in:
·        Gratis toegang tot tuis sportbyeenkomste. 
·        Gereserveerde sitplekke vir lede tydens tuisbyeenkomste.
·        Klubpet met lidnommer. 
·        Bywoning van sosiale funksies.

Lidmaatskapfooie beloop R300 per jaar per gesin en nuwe lede kan vanaf  15 Januarie 2010 aansluit.

Indien u meer oor die Ondersteunersklub wil uitvind, kontak gerus enige een van die onderstaande bestuurslede. 

 

Kobus Vorster

(082 337 3820) 
Deon Liebenberg

 

Ons Borge (Baie dankie)

Realti 1
McCarthy Toyota
Netcare 911
Seriti drukkers
G&I Computers

 

Sunday, September 5, 2010
©2010 HOėRSKOOL OOS-MOOT Designed by Arachno Web Development