Tuisblad
Tuisblad Akademie Kalender Sosiaal Algemeen Sport Kultuur




Mnr_N_Kotze.png

Die Hoërskool Oos-Moot is ’n skool in die hartjie van die Moot-area in Pretoria.  Hier leef ons, ons leuse: werk en oorwin, ten volle uit.

Die beste toekoms word vir elke leerder uitgepen en hy/sy word deur gemotiveerde, gebalanseerde en toekomsgerigte onderwys voorberei vir elke uitdaging wat die lewe kan bied.

Op Akademiese gebied werk en oorwin ons, sodat uitstaande akademiese prestasies, ’n rekordgetal leerders met universiteitstoelating, sowel as leerders wat beroepsgerig is, kan streef na uitnemendheid.

Op die Kulturele akker werk en oorwin ons op verskeie gebiede ten einde te kan redeneer, debatteer, skryf, dig, sing, dans, geestelik groei en uiteindelik trotse Oosies te kan wees.

Op Sportgebied werk ons hard daaraan dat elke leerder geleethede kry om sy potensiaal optimaal te ontwikkel deur gebruik te maak van gekwalifiseerde en professionele afrigters, gemotiveerde personeel en so oorwin ons as mens en atleet enige sportstryd.

 

Die Oos-Moot kampus is ’n pragtige boomryke terrein met hul eie restaurant, drie rekenaarsentrums, vier wetenskap laboratoriums en twee tegnologie sentrums.  Hier kan ’n wye vakpakket aangebied word, sodat elke leerder sy/haar belangstelling kan uitleef. 

 

Op Oosie-grond word Christenskap prakties uitgeleef, selfstandige leierskap ontwikkel en lewensvaardighede aangeleer.

Loner B Mead skryf:  God roep ons altyd om meer te word as wat ons was.

 

Oos-Moot bied aan elke leerder die geleentheid om nie net meer nie, maar die beste wat hy/sy kan wees, te word!

Nico Kotzé

 WAT IS NUUT OP ONS WERF?

Kyk hoe slim is ons Oosies. Kliek hier
Dis wie ons nuwe VLR is. Kliek hier 

Kyk gerus waar jy moet wees hierdie kwartaal op die kalender. Lees meer

Maak seker jy is op datum met die nuutste skoolreëls. Laai dit af...Kliek hier
Kyk gerus hoe die Oosie-sportspanne vaar. Kliek hier
Is jy honger?  Kyk wat ons restaurant jou kan bied. Kliek hier

Sunday, September 5, 2010
©2010 HOëRSKOOL OOS-MOOT Designed by Arachno Web Development