Hoogtepunte 2018 (Klein Sport)

TENNIS 2018

Die 2018 tennisseisoen het goed afgeloop vir ons Oosie-spanne.  Die dogters se 1ste-span asook die seuns se 1ste- en 2de-spanne is ligawenners.  Die seuns se 3de-span eindig tweede in die liga.

PERDRY

NOORD-GAUTENG

Corne Bezuidenhout (Gr9) het met sy perd, Great Dane, hul SANESA, Noord-Gauteng kleure in “Working Hunter” (Gauteng A-span), Dresseer (Gauteng B-span) en “Equitation” (Gauteng B-span) behaal. Hy behaal tydens die SANESA finaal ‘n 19de plek  in “Working Hunter”, 20ste plek in die Dresseer en die 21ste plek in “Equitation”.

LANDLOOP

AGN LANDLOOP
Ons seunsspan het tydens die AGN Gauteng-Noord Landloopprysuitdeling (17 September) die trofee vir die beste seuns landloopspan in die B-Bond ontvang.
Vier Oosies is ALGEHEEL in die volgende posisies in Gauteng.
0/14 Francois Schutte (4de)
0/16 Reyhan Botha (4de)
Carl Lourens (6de)
0/17 Marno Gerber (4de)
Die seunsspan neem volgende jaar in die A-Bond deel.

SUID-AFRIKAANSE LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE
Ons atlete het die volgende plekke behaal.  0/14 Vera de Beer 30ste, 0/15 Zandri Louw 52ste en 0/17 Marno Gerber 59ste.

GAUTENG LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE – SEPTEMBER 2018
Ons atlete het se prestasies tydens die Gauteng Kampioenskappe:
0/14 Vera de Beer (33ste), Francois Schutte (47ste).  0/15 Zandri Louw (24ste), Janelle Swanepoel (34ste).  0/16 Annabelle Bester (28ste), Mene Louw (46ste), Carl Lourens (45ste).  0/17 Janine Coertze (35ste) en Marno Gerber (32ste). (foto links)

NOORDVAAL LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE – AUGUSTUS 2018

Ons seuns- en dogtersspan eindig beide in die 7de plek tydens dié byeenkoms met die gemengdespan in die 8ste plek.  Ons landloopspan.  0/14:  Joné Bester, Vera de Beer, Reghardt Jordaan.  0/15:  Zandri Louw, Heinrich Botha, Johané Maritz, Jacques Cilliers, Janelle Swanepoel, Corné Bezuidenhout.  0/16:  Carl Lourens, Reyhan Botha, Annabelle Bester.  34 Spanne het aan die byeenkoms deelgeneem.

DISTRIK EN AGN BYEENKOMSTE

Dogters
Zandri Louw (0/15 – foto regs) kwalifiseer met ‘n vinnigste tyd van 15 minuste 56 sekondes (4 kilometer) vir AGN.

Die volgende atlete kwalifiseer om op 18 Augustus deel te neem aan die Distriksbyeenkoms te Hoërskool Eldoraigne .
Dogters:  0/14 – Vera de Beer, Joné Bester, Carmien Smal.  0/15 – Zandri Louw, Janelle Swanepoel, Johané Maritz.  0/16 – Annabelle Bester, Melissa Grobbelaar, Mene Louw.  0/17 – Janine Coertze
Seuns:  0/14 – Francois Schutte, Regardt Jordaan.  0/15 – Corné Bezuidenhout, Jacques Cilliers, Quinn Galvin.  0/16 – Reyhan Botha, Carl Lourens.  0/17 – Marno Gerber.  Baie geluk en sterkte!

BERGFIETSRY

22 SEPTEMBER BYEENKOMS – HTS JOHN VORSTER

Twaalf fietsryers het aan hierdie byeenkoms deelgeneem.  Uitslae is soos volg:

Juniors:  Kayla Hodgman (4/34), Christie Childs (24/30), Michaeal Owens (91/127), Martin-Lucas Potgieter (118/127), Lourene Dreyer (5/25), Bernard Coetzee (110/129), Rubert Smit (67/129), Emile Oettle (111/129), Micke Beneke (24/27), Reuben van Renssen (60/132), Christopher Smit (72/132) en Jay-C Botha (77/132).

1 AUGUSTUS BYEENKOMS – EDUPLEX

Vyftien Oosie-fietsryers het aan hierdie byeenkoms deelgeneem, met die volgende uitslae:

Juniors:  Kayla Hodgman (4de uit 39), Carli Schoonbee (20ste uit 39), JJ Maree (73ste uit 134), Michael Venter (70ste uit 134).

Jeug:  0/15 – Christie Childs (23ste uit 28), Michael Owens (87 uit 110) en Martin-Lucas Potgieter (106de uit 110).  0/16 – Lourene Dreyer (7de uit 25), Antoiné Hanekom (23ste uit 25), Bernard Coetzee (77ste uit 104) en Emile Oettle (64ste uit 104).

Junior vroue:  Micke Beneke (31ste uit 32).  Junior mans:  Sheldon Human (34ste uit 119), Reuben  van Renssen (48ste uit 119) en Christopher Smit (64ste uit 119).

SPANKAPTEINE 2018

Die MTB Spur-reeks is op 8 Mei geloods.  Die spankapteine is soos volg tydens die geleentheid aangewys:  Lourene Dreyer (dogters) en Sheldon Human (seuns)

PHOENIX – 12 MEI 2018
Negentien van ons fietsryers het op Saterdag, 12 Mei, aan ‘n wedren by Hoërskool Phoenix in Vereeniging, die stowwerige grondpaaie in hul EERSTE SPUR-wedren gaan aandurf. Uit ‘n totale groep van ongeveer 700 fietsryers was daar ‘n hele paar Oosie-uitblinkers.

DOGTERS: 0/14 (40 deelnemers) – Kayla Hodman (16de), Carli Schoonbee (25ste); 0/15 (29 deelnemers) – Christie Childs (22ste), Simonë Huyser (26ste); 0/16 (25 deelnemers) – Laurene Dreyer (8ste), Antioné Hanekom (19de); 0/17 en 0/18 (25 deelnemers) – Micke Beneke (23ste).

SEUNS: 0/14 (136 deelnemers) – Gerrit Agema (59ste), JJ Maree (60ste), Juan Benadie (62ste), Michael Venter (100ste); 0/15 (118 deelnemers) – Michael Owens (82ste), Martin-Lucas Potgieter (107de); 0/16 (109 deelnemers) – Bernard Coetzee (45ste), Emile Oettle (90ste); 0/17 en 0/18 (136 deelnemers) – Sheldon Human (35ste), Reuben van Renssen (67ste), Christopher Smit (117de), Jay-C Botha (102de)