Hoogtepunte 2018 (Rugby)

SA ALL STARS 7’S RUGBY

Sharn Kruger (gr11) is ingesluit by die SA All Stars 7’s rugbygroep wat vanaf 27 November tot 4 Desember 2018 aan die HSBC Dubai 7’s toernooi gaan deelneem.

RUGBY 7’S

Oos-Moot verstom een en almal by die eerste Suid-Afrikaanse Sewes Kampioenskappe.  Die top 16 skole in die land het in Johannesburg aan ń tweedag SA Sewes Kampioenskappe toernooi deelgeneem. Oos-Moot het hulle puik van hul taak gekwyt. Hulle het ongelukkig teen Paul Roos Gimnasium vasgeval deur 5-24 te verloor, maar met puik oorwinnings oor onder andere Randburg, 19-12 en Glenwood 31-21 het hulle na die Plaatfinaal deurgedring. In ‘n uitstekende wedstryd het hulle ongelukkig in die laaste minuut teen Oakdale, 19-26 verloor. Steeds ń puik prestasie om 6de op die SA kampioenskappe te eindig.  Oos-Moot is trots op elkeen van ons Rugbyhelde.

BLOU BULLE 7’S-SPAN

Die Oosie Blou Golf rol met drie van ons 0/17-rugbyspelers wat ingesluit is by die Blou Bulle 7’s span. LJ Viljoen, Ruan de Lange en Marlo Prinsloo (nie-reisende reserwe).

BLOU BULLE 0/14-SPAN
Carlo Jansen van Rensburg (Gr8) is opgeneem in die Blou Bul o/14-span wat gedurende die Oktober vakansie aan die Interprovinsiale Kampioenskappe in Natal deelneem.

VIRSEKERBEKER – SKILD FINAAL – 18 AUGUSTUS 2018
Ons Eerste rugbyspan wen die finaal in ‘n naelbytstryd teen HS Ben Vorster met ‘n telling van 29-20.
Dit was ‘n ongelooflike en baie aanskoulike wedstryd wat deur ‘n massa Oosie-ondersteuners (ouers, leerders, oud-Oosies) beleef is.  MARCO VORSTER (foto links) was aangewys as die Speler van die Wedstryd.

RUGBY – BLOU BUL CRAVENWEEK XV-SPAN
Eduan Swart (gr12) is  lid en kaptein van die van die Blou Bul Cravenweek XV-span. In die wedstryd teen die Leeus word hy aangewys as speler van die wedstryd.  Eduan teken ook ‘n twee jaar kontrak by die Bulle.

RUGBY – BLOU BUL CRAVENWEEK SPANNE 2018
Baie geluk aan die volgende twee seuns wat vir Blou Bul Cravenweekspanne gekies is: EDUAN SWART (0/18) vir die Cravenweek XV-talspan en ROLEN VISAGIE (0/16) vir die Grant Khomo-span.