IDOLS 2019

 

Me Maria du Plessis
Organiseerder
duplessism@oos-moot.co.za

Die IDOLS-kompetisie is die inisiatief van Me du Plessis en word tweejaarliks gehou.  Ons talentvolle Oosies kry tydens hierdie kompetisie die geleentheid om hul talente ten toon te stel.

Die oudisies begin vanaf 25 Februarie en ‘n talentvolle groep van 10 sangers word gekies vir die finaal.  Met die groot aantal inskrywings vir hierdie jaar se IDOLS skuif die datum vir die aankondiging van die finalsite aan na 11 Maart 2019.  Die finaliste word op 11 Maart 2019 aangewys.  ‘n Video van elke finalis word op YouTube geplaas waar leerders in hul eie tyd na die finaliste kan luister en kyk.  Leerders sal dan die geleentheid gegee word om vir die eerste keer te stem vir die IDOL van hul keuse. Uit die leerders se stemme word die OOSIE-MOSIE TOEKENNINGS gedoen.

Ons is baie opgewonde oor Lekker FM se betrokkenheid hierdie jaar.

LUISTER NA ONS OOSIE-FINALISTE OP YOUTUBE EN STEM

Opnames van elkeen van ons finaliste is nou beskikbaar op YouTube. Gaan kyk en luister. Die volgende toekennings word gemaak t.o.v. die YOUTUBE video.
Die “WAT KYK JY TOEKENNING” –  vir die video met die meeste “views”.  Dit sluit op 14 April om 19:00.  Die leerders stem op 16 April (gedurende klastyd) vir die GUNSTELING senior- en junior Idol .

SENIOR FINALISTE

Ons finaliste het op 6 April, onderhoude by LEKKER FM Radio gehad. 

 Sien die video-opname

JUNIOR FINALISTE

Ons juniors het nie teruggestaan in hul onderhoud by LEKKER FM Radio nie.

Sien die video-opename