KLEREBANK

Die klerebank is die skool se TWEEDEHANDSE skoolklerewinkel.  Skenkings  word grootliks van ons matrikulante en leerders wat die skool verlaat ontvang.

Die klerebank is in die skoolgebou geleë en word, na skoolure, deur ‘n personeellid hanteer. 

Hierdie diens bied die volgende vir ons leerders:

  • Skoolklere (soos beskikbaar) vir ons mindergegoede leerders.
  • Skoolklere (soos beskikbaar) kan ook teen billike pryse aangekoop word.

PRYSLYSTE (sien skakels)

Let wel

  • Klere word nie geruil of geleen uit die klerebank nie.  Leerders moet verkieslik teenwoordig wees met die aankoop van klere.
  • Geen klere word gedurende skoolure verkoop of uitgegee nie.
  • Leerders sal tydens skoolure, per afkondiging in kennis gestel word ndien die klerebank nie oop sal wees nie.
  • Indien u ‘n navraag wil rig of ‘n  reëling vir buite die gewone klerebanktye wil tref, kontak die klerebank by klerebank@oos-moot.co.za.

Kontak ons per e-pos by klerebank@oos-moot.co.za vir ʼn afspraak.