Mnr Tjaart Naude
Krieketorganiseerder

krieket@oos-moot.co.za

Oos-Moot se krieketspelers begin vroeg in die jaar die seisoen met die Buurmanskaptrofee-kompetisie. Hierdie kompetisie is in 2013 geloods om krieket in die Moot en Noord van die berg te bevorder en vriendskapsbande tussen die verskillende skole te versterk en vind jaarliks plaas. Die vier skole wat deel uitmaak van die Buurmanskapreeks is; HTS John Vorster, Hoërskool Wonderboom, Hoërskool Montana en Hoërskool Oos-Moot.  Hul kompeteer in drie ouderdomsgroepe en die wedstryde vind gedurende Januarie en Februarie plaas.

Die eerste gedeelte van die reeks bestaan uit ‘n Pro 20-reeks wat tussen die 1ste- en o/15-spanne gespeel word.  Na afloop van die Pro 20-reeks word die langer formaat aangedurf.  Eerste spanne speel dan 50 beurt wedstryde terwyl die o/14- en o/15- spanne 25 beurte speel. Al hierdie wedstryde se uitslae word saamgetel om die uiteindelike wenners van die Buurmanskapreeks te bekroon.  In 2017 is daar vir die eerste keer Buurmanskapspan uit die vier deelnemende skole gekies.

Tydens die Junie/Julie skoolvakansie is daar die jaarlikse krieketontwikkelingstoer vir die 0/14-, 0/15 en 0/19-spelers by Sportweni in Margate.  Ons amptelike krieketseisoen begin in Augustus.