KOMMUNIKASIE

By Oos-Moot het ons verskeie nuusmedia waardeur ons ouers op hoogte hou van die nuutste gebeure in die skool.

Webtuiste

Ons webtuiste gaan jou meer van die skool, ons aktiwiteite en van die interessanthede (bekende Oosies, Oos-Moot se peetpa – MIKRO) vertel.  Inligting oor toetse/eksamens, wedstrydprogramme, uitslae en vele meer, word daagliks geplaas

Nuusbrief

  • ‘n Nuusbrief (Oosie-Nuus) word op ‘n weeklike basis, elektronies aan ouers uitgestuur (e-pos).
  • Ouers en leerders kan vir die nuusbrief registreer deur hul e-posadres, onderaan die bladsy by REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF venster in te tik.  
  • Met ‘n e-posadresverandering of leerder wat die skool verlaat, kan u, u e-posadres “unsubscribe”.  Die “unsubscriber

Facebook

Ons bied met die skool se facebook, vir ons leerders, ouers en die gemeenskap ʼn kykie in die daaglikse lewe van die Oosies.

Volg die skakel  en gaan “LIKE”  die skool se FACEBOOK.  

D6 Connect Toepassing (App)

Die skool gebruik die D6 Connect Toepassing (selfoon), wat direk met ons skool se administratiewe stelsel geïntegreer is.  Die toepassing gee u toegang to u eie kind se afwesighede, punte, dissipline, skoolkalender, sport-, kultuur- en akademiese projekte. 

Skoolfonds- en ander betalings (d6 Cashless) kan ook deur die toepassing gedoen word. 

Laai die d6 Connect Toepassing van Playstore af en registreer.