OOSIE-ENDURO “OFF-ROAD” MOTORFIETSRY

Me T Jordaan
Organiseerder

tasminjordaan@yajoo.com

Die Oosies spog in 2019 met ʼn splinternuwe sportsoort, Enduro Off-road Motorfietsry.

Ons ryers het die wonderlike geleentheid gehad om GRATIS OPLEIDING van Mamarock Raceway te ontvang.  Top professionele persone in dié sport het hul tyd afgestaan om ons Oosie deelnemers te help ontwikkel.

Elke Oosie met ʼn off-road motorfiets is welkom om deel van ons klub te word. 

Ons is trots om hierdie nuwe hoofstuk in ons Oosie-sportgeskiedenis te begin. Hou ons dop en kontak me T Jordaan vir meer inligting  by oosmoot@oos-moot.co.za as jy belangstel om by ons aan te sluit!