REVUE – ALL STARS 2018

Suid-Afrikaanse Revue Kampioene 
Oos-Moot se “All Stars” revue-groep is die tweede opeenvolgende jaar die Suid-Afrikaanse Revue Kampioene.  Dié groep was  in 2017 onder leiding van Chrisner Kalp gestig en afgerig vir deelname aan verskeie kompetisies.  Hul het in 2017  aan die Kaleidoscope kompetisie (provinsiale vlak) deelgeneem waar hul  die tweede plek uit ‘n groep van 8 skole behaal het en gekwalifiseer het vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Revue Kampioenskappe wat op 22/23 September plaasgevind het.  Ons “All Stars” het geskiedenis gemaak met hul aanwysing as die kampioene in die eerste jaar van hul deelname aan dié kompetisie teen onder andere die hoërskole Midstream College, Menlopark en Overkruin.