REVUE 2019

 

Me Wilna Kalp
Organiseerder
ckproduksies@gmail.com

“Dit is weer tyd vir ons twee jaarlikse Revue waar ons die geleentheid kry om ons kinders se talente en toewyding, onder leiding van me Wilna Kalp en Chrizner Kalp (choreograaf), te bewonder.  Die sukses wat die Revue deur die jare behaal, lok groot getalle leerders om aan die oudisies deel te neem.  Die revue-groep bestaan uit 100+ leerders. 

ALL STARS

Die All Stars is ‘n kleiner groep Revue-lede (ongeveer 59) wat as die “All Stars” bekend staan.  Die groep verteenwoordig die skool sedert 2017 in kompetisies en was die afgelope twee jaar die Suid-Afrikaanse Revue Kampioene.

Die Revue-optredes vir 2019 is die week van 13 tot 17 Augustus.

Die koste per kaartjie is R100 per persoon. Revue-kaartjies kan nou ook aanlyn, deur die D6 toep aangekoop word. Aanlynverkope open op 18 Junie. Kontantaankoop van kaartjies open op 9 Julie.

D6 TOEP:  HOËRSKOOL OOS-MOOT

Die skool streef daarna om, vir veiligheidsredes, die kontant op ons terrein te verminder en is trots om nou ook ‘n aanlynopsie te bied om die verkoop van ons Revue-kaartjies te fasiliteer.

AANLYNKAARTJIEVERKOPE werk dus soos volg:

  • ‘n Skakel sal in die D6 toep gedeel en vir alle ouers per e-pos gestuur word.  Ouers kan die skakel op hul foon of rekenaar oopmaak en die hoeveelheid kaartjies wat hul wil aankoop, aandui.
  • Die betaling vir die kaartjies geskied deur die D6 beursie in die toep.  Ons stel voor dat ouers eers ‘n bedrag geld (verkieslik per EFT) in die beursie laai deur die verwysing soos aangedui in die toep te gebruik.
  • Kaartjies kan ook per kaart betaal word.  Die bankkoste sal egter van die ouer se rekening verhaal word.
  • Na betaling sal ouers ‘n bewys van betaling, per e-pos, ontvang. 
  • Die bewys van betaling word gebruik om die besprekings (optrededatum en sitplekke) vanaf 9 Julie by die skool te doen. 
  • LW:  Daar is ‘n beperkte aantal sitplekke. 
  • Kaartjieverkope op die d6 Connect (toep) open op 18 Junie.

KONTANTAANKOOP VAN KAARTJIES:

  • Kaartjies kan vanaf 9 Julie 2019, gedurende pouse, by die skool (kontant/kaart) by Kamer 17 aangekoop word.

• Besprekings (optrededatum en sitplek) word ook gedurende pouse by Kamer 17 gedoen.