RUGBY

HOOFBORG

Mnr F van Staden
Sportbestuurder
sport@oos-moot.co.za

Oos-Moot se rugby is gesond en word versterk deur bekwame en gekwalifiseerde afrigters wat betrokke is by TUKS en TUT.   Ons organiseerder Mnr F van Staden (foto links) en die afrigters werk nou saam met die Blou Bulle Tuks Rugby Akademie waar daar gefokus word op posisie spesifieke ontwikkeling en rugby as ʼn professionele sport. ʼn Crossfit sentrum op ons gronde dra by tot ons spelers se ontwikkeling. Kondisionering word 11 maande van die jaar gedoen om te verseker dat ons spelers optimaal presteer.

Ons het 11 rugbyspanne en speel jaarliks in onder andere die PUK-reeks waar ons oor die jare wenners in die verskeie oudersdomsgroepe gelewer het, die Hansie Week (Mauritz Hansen week) te Hans Strijdom waar ons as skool die toernooi nou 14 keer in verskeie ouderdomsgroepe gewen het. Ons neem deel in die Blou Bulle Groot Skole liga en verteenwoordig die provinsie in dié afdeling in die Beeldtrofee.  Ons begin ook in 2014 kompeteer in verskeie 7’s toernooie.

2018-seisoen

Ons lewer ook gereeld provinsiale spelers op en twee van ons seuns was in 2018 gekies vir die Cravenweek XV-talspan en Grant Khomo-span.   Een van ons 0/14-spelers was ook opgeneem in die Blou Bulle 0/14-span wat aan die Interprovinsiale Kampioenskappe deelgeneem het.

Ons neem aan provinsiale Sewestoernooie deel en verteenwoordig die Blou Bul Rugby-unie by die jaarlikse Noordvaal Sewes kampioenskappe.  Die 0/17 en 0/15-spanne het in 2018 aan die Noordvaaluitdunne deelgeneem.  Die 0/17-span het in die Bekerafdeling finaal gespeel en alhoewel hul teen Hoërskool Garsfontein verloor het, het hul steeds deurgedring na die Noordvaalkampioenskappe om die Blou Bulle as die nommer twee-span in die provinsie te verteenwoordig.  Twee van ons sewes-spelers is opgeneem in die Blou Bul 0/17-span.

Ons eerste rugbyspan was die wenners van die volgende toernooie in 2018:

  • Die Virsekerbeker skild-afdeling
  • Mauritz Hansen Rugbyweek
  • Klein Karoo Rugbyweek
  • en die afgelope 3 jaar ook die wenners van die Buurmanskaptrofee tussen Hoërskool Oos-Moot en HTS John Vorster.