SKOOLWAPEN EN LOGO

Skoolwapen

Die skoolwapen is in 1953 deur mnr JS du Toit (onderwyser) ontwerp en in wol uitgewerk deur Nellie Labuschagne en Magdalena Pieterse, twee skoliere van standard 8.

Die TANDRATWIEL simboliseer werk,
die BOEK kennis,
die FAKKEL lig,
die LOURIERKRANS die beloning na die oorwinning.

Deur te WERK en te put uit die BOEK
word die LIG versprei en in die lewe OORWIN,
daarom die leuse:  WERK EN OORWIN!

Skool Logo

In 2014 word ‘n logo, die “Oosie-druppel” vir die skool ontwerp deur die oud-Oosie, Hannes van Eeden. Die ontwerp van die logo is deur die skoollied geinspireer.

“As oud-Oosie is die skool nog na aan my hart. Ek het die skoollied gebruik om die logo te ontwerp. Dit is dus iets nuuts vir die oog, maar bly deel van oud-Oosies en die tradisies ook. Die fakkel en die vaandel vorm saam met die leerder die hooftema. Elke leerder is ‘n druppel in die skool, maar vorm saam  die blou see of blou golf. Dra dit met trots en mag dit alle Oosies aanspoor tot hoër hoogtes”
– Werk en Oorwin”