Me Regina van den Bout
Organiseerder
rvdbout@oos-moot.co.za

2019

Hoërskool Oos-Moot se swemmers lewer uitstekende individuele prestasies in 2019.

INTERHOËR

Corlia Botha het ‘n derde plek in die 100m vryslag en 50m rugslag behaal en sy is aangewys as ‘n sesde plek op die senior Victrix Ludorumlys.

Lesley-John Viljoen het ‘n tweede plek in 50m vlinderslag en 100m vryslag behaal.

Logan Truter het ‘n eerste plek in die 50m rugslag en 50m vlinderslag verwerf en het ‘n derde plek in die 200m individuele wisselslag behaal. Hy is as tweede aangewys op die senior Victor Ludorumlys.

Werner Botha het ‘n tweede plek in die 50m borsslag verwerf.

Carlo Janse van Rensburg het ‘n agtste posisie op die Junior Victor Ludorumlys behaal. Hy het ‘n derde plek in die 50m ruglsag en 50m vlinderslag verwerf.

Die Ope Seuns 200m wisselslagaflos het ‘n derde plek behaal. Die swemmers vir die span was Jubert Maritz, Werner Botha, Lesley-John Viljoen en Jürgen Kasselman.

Alhoewel ons ons plek verloor het by die B-Bond, sal die swemspan van 2020 die C-Bond wys wat swem is!

SUID-AFRIKAANSE NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2019

Logan Truter (0/16) bou steeds voort op sy ongelooflike swemprestasies met die volgende praguitslae tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Kampioenskappe

(20 tot 24 Maart): 200m rugslag (tweede), 50m rugslag (vierde) en 100m rugslag (vyfde). Hy het ook aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe (8 tot 12 April) deelgeneem. Sy prestasies plaas hom by hierdie kampioenskappe algeheel in die vierde plek van die jeugafdeling en algeheel in die 25ste plek.

Oos-Moot se swemorganiseerder is self ‘n swemmer van formaat en het haar staal tydens die 2017 Suid-Afrikaanse Stilwater Lewensredding Kampioenskappe gewys waar sy in die Meestersafdeling (30 tot 39 jaar) deelgeneem het.  Sy het 4 goue medaljes (200m hindernis, 50m kort “pop” [nuwe rekord], 100m “tow and tube” [nuwe rekord] en 100m “pop” met vinne [nuwe rekord]) behaal.