Aan my Oos-Moot kollegas

Oos-Moot se personeel is ‘n skip.

Die kantoordames: Seile
Min verstaan die druk van julle werk. Van ongeduldige ouers tot haastige personeel. Die visse in die see is groen van jaloesie oor julle vermoë om te kan aanhou swem deur al die druk.

Die onderwysers: Die struktuur
Die waarde van goud en minerale is geen parallel teen die waarde wat julle vir ons skool is nie. Almal ‘n meester in hul vak waar ‘n druppel inligting tot rippel van inspirasie kan lei. Dankie vir julle harde werk in dié tyd van nood.

My mede-assistente: Skipbodem
Julle is altyd gewillig en bereid om te help en dit wys. Almal sien dit raak. Die bodem hou die boot op die water. Dankie dat julle altyd wil inspring wanneer daar moeilikheid is.

Terreinwerkers en skoonmakers
‘n Skip moet altyd netjies gehou word. Geen maar geen persoon sal op ‘n vuil skip werk nie. Julle doen julle werk uitstekend sonder enige twyfel. Dankie vir julle harde werk met ons vloereskrop en gate toeplak.

Onderhoofde: Teleskoop
Julle neem die vooruitsig van die skip waar. Enige ysberge en storms op die horison word deur julle raakgesien en julle probeer altyd ons op die regte roete plaas. Dankie vir julle waaksame oë.

Hoof: Kaptein
Ons kaptein gee ons rigting. Dit is nie altyd maklik om ‘n besluit te maak nie, maar meneer sal ons nooit in die verkeerde rigting probeer lei nie. Nie almal kan die besluite wat geneem word, verstaan nie, maar die kaptein sal altyd die skip onbeskadig hou.

Beheerliggaam: Die golwe onder ons skip
Skip op droë land sal nooit kan voortgaan nie. Ons beheerliggaam hou ons veilig en sal ons nooit probeer lei na gevaarlike waters nie. Skepe word getoets deur waters, maar geen skip sal weet hoe sterk dit is as hy nie deur die passe is nie.

Dankie vir almal se harde werk

André Visagie