AANLYN KLASSE – GOOGLE CLASSROOM

In die lig van die COVID-19 pandemie was die skool genoop om na ‘n aanlynplatform te beweeg. Ons bied nou aanlynklasse vir AL die grade op die Google Classroom platform. 

REKENAAR EN/OF SELFOON

Leerders kan of op hul rekenaar (laptop) of selfoon of BEIDE aanteken vir Google Classroom.

HOE OM AAN TE TEKEN

Leerders benodig hul TOELATINGSNOMMER om op Google Classroom aan te teken.  Hierdie toelatingsnommer is op die skool se d6 toep (App) beskikbaar.

Volg die skakels op die bladsy hieronder vir video’s en notas om jou te help om op Google Classroom in te teken.