AKADEMIE

MATRIEKUITSLAE 2024 - BESTE SKOOL IN DIE TSHWANE-NOORD DISTRIK!

Skool met die meeste "Bachelors" (224) en 100% slaagsyfer vir die derde opeenvolgende jaar!

Fotokrediet:  Bernice de Vries (Oosie Media)

Akademiese Uitnemendheid

By ons skool is akademiese prestasie ’n kernprioriteit. Ons streef nie net na ’n 100% slaagsyfer nie, maar ook daarna om een van die top akademiese skole in die provinsie te wees.

Om hierdie doelwitte te bereik, bied ons verskeie platforms en ondersteuningsgeleenthede aan ons leerders:


Google Classroom – Aanlyn Leerondersteuning

Sedert 2019 gebruik ons Google Classroom as ons aanlyn leerplatform. Dit stel leerders in staat om toegang tot lesmateriaal, opdragte en hulpbronne te kry — enige plek, enige tyd.

➡️ [Klik hier vir meer inligting]


Akademiese Uur – Gratis Ondersteuning vir Alle Leerders

Sedert 2023 bied ons ’n akademiese uur elke Woensdag van 14:00 tot 15:00 aan. Alle onderwysers is dan in hul klaskamers beskikbaar om leerders akademies by te staan. Hierdie ondersteuning is gratis en fokus op:

  • Moeilike konsepte

  • Akademiese agterstande

  • Bevordering van begrip en selfvertroue


Graad 12 Ekstra Skooluur

Ten einde matrikulante optimaal voor te berei, het ons besluit om een keer per kwartaal ’n verpligte ekstra skooluur in te stel. Dit vind direk ná skool plaas en fokus op die verdieping van die leerinhoud. Geen buitemuurse aktiwiteite vind gedurende hierdie tyd plaas nie.


Die Wolkskool – Aanvullende Hulpbron

Vanaf 1 September 2021 het ons toegang tot Die Wolkskool geskep — ’n aanlyn platform wat gebruik word om leerders by te staan wat klas gemis het of ekstra hulp benodig. Dié diens is gratis vir ons leerders en ’n waardevolle hulpmiddel in hul leerproses.

➡️ [Klik hier vir meer inligting]


Wiskundesentrum – Gratis Ekstra Klasse

Die Wiskundesentrum, wat sedert 2016 bedryf word, bied elke Maandag van 14:00 tot 15:00 gratis hulp aan. Onderwerpe word per graad aangepas en sluit in:

  • Verduidelikings met voorbeelde

  • Praktiese oefeninge

  • Gemerkte werk met terugvoer

  • Oop vir enige leerder wat agtergrondkennis wil versterk


Omgekeerde Klaskamer: Wiskunde van die Toekoms

Ons graad 10–12-leerders neem deel aan die Omgekeerde Klaskamer-projek, wat in 2023 suksesvol geïmplementeer is. Hierdie metode bevorder:

  • Selfgerigte leer

  • Kritiese denke

  • Beter voorbereiding voor klas

Die Wolkskool en eie videolesse (deur mnr. Drico Snyman) ondersteun hierdie benadering aktief.


Verdere Akademiese Geleenthede

Ons bied ook verskeie ander akademiese ondersteuning aan:

  • Studiemetodekursusse

  • Junior aanlegtoetse (Graad 9)

  • Vak- en loopbaanvoorligting (Gr 9 & 11)

  • Tersiêre uitstallings en instellingsbesoeke

  • Motiveringssprekers

  • Deelname aan akademiese olimpiades


Vakkeusebemarking – Graad 9

Elke jaar help ons Graad 9-leerders met hul vakkeuses vir Graad 10. Hierdie proses sluit in:

  • Loopbaanuitstallings

  • Besoeke deur tersiêre instellings

  • Vakinligtingsessies en vakinligtingsaand

  • Individuele voorligting waar nodig

➡️ [Klik hier vir meer inligting]


Graad 12 Winterskool

Ons bied jaarliks tydens die Junie/Julie-vakansie ’n Winterskool aan vir Graad 12-leerders ter voorbereiding vir die Rekord- en Eindeksamen. Vakke sluit in:

  • Wiskunde

  • Fisiese Wetenskap

  • Rekeningkunde

  • Lewenswetenskappe

  • RTT

  • Ingenieursgrafika en -ontwerp