Wat sê ons leerders van die vak
Waarom Ekonomie in graad 10 tot 12 as ‘n vak neem?
Fisiese Wetenskappe moedig jou aan om vrae te stel en die wêreld om jou te verken. Dit leer jou om fundamentele wetenskaplike beginsels toe te pas, wat jou help om meer ingeligte besluite te neem. Deur die vak leer jy om probleme met ‘n kritiese blik te benader en effektiewe oplossings te vind.
Watter studierigtings kan gevolg word met hierdie vak?
Fisiese Wetenskappe is die basis vir verskeie BSc-rigtings, insluitend:
Chemie
Fisika
Biochemie
Astrofisika
Landbouwetenskap
Bosbou
Ingenieurswese
En alle medies-verwante rigtings soos:
-
- Geneeskunde
- Fisioterapie
- Arbiterapie
- Dieëtkunde
- Radiografie
- Aptekeropleiding
Watter opwindende loopbane kan jy volg in hierdie vakrigting?
Fisiese Wetenskappe bied ‘n wye verskeidenheid loopbane, insluitend die moontlikheid om ‘n skeinatonderwyser te wees. Dit is egter nie al nie, daar is talle ander loopbane, insluitend dié in die wetenskaplike en mediese veld.
Watter onderwerpe word in hierdie vak gedek?
Fisiese Wetenskappe behels ‘n kombinasie van Chemie en Fisika.
In Chemie word jy bekendgestel aan:
Mol berekeninge
Chemiese vergelykings en -reaksies
Suur- en basis-reaksies
Elektrochemie
In Fisika verken ons:
Momentum
Elektrostatika
Projektielbeweging
Newton se wette
Stroombane
Ligtegnologie
Watter tipe leerder geniet gewoonlik hierdie vak?
Leerders wat ‘n nuuskierige gees het, wat nie bang is om uitgedaag te word nie en wat hard wil werk sal die meeste uit Fisiese Wetenskappe haal. Dit is ‘n vak vir leerders wat natuurlik met syfers werk en wat die insig het om probleme te analiseer en oplossings te vind.
Watter tipe assessering word in hierdie vak gedoen?
In Fisiese Wetenskappe word teorietoetse afgelê. Elke kwartaal word daar ook praktiese eksperimente gedoen wat gevolg word deur die indiening van ‘n praktiese verslag.
Aanbevelings vir leerders wat hierdie vak wil neem
Wiskunde- en Wetenskappunt moet in beide vakke ten minste 50% of hoër wees..
Dit is voordelig as jou wiskundige vaardighede op ‘n goeie vlak is en as jy die vermoë het om insig te hê en konsepte te verstaan.
‘n Positiewe ingesteldheid en harde werk is die sleutel tot sukses in Fisiese Wetenskappe.
Slaagvereistes
Graad 10 tot 12 – Twee ander vakke 40% of drie ander vakke 30%