INLIGTINGSTEGNOLOGIE (IT)

Wat sê ons leerders van die vak

 

Waarom Inligtingstegnologie (IT) as ‘n keusevak in graad 10 tot 12 neem?

Inligtingstegnologie (IT) is die studie van tegnologieë wat gebruik word vir die vaslegging, verwerking, bestuur, aanbieding en verspreiding van data. Dit sluit beide fisiese en digitale komponente in wat elektroniese transmissie, toegang en manipulasie van data en inligting moontlik maak.

Hierdie vak fokus ook sterk op probleemoplossing deur logiese en berekende denke, wat ‘n noodsaaklike vaardigheid in die digitale era is. IT bied leerders ‘n in-diepte begrip van hoe sagteware en stelsels ontwikkel, bestuur en geoptimaliseer word.

Watter studierigtings kan gevolg word met hierdie vak?

Ingenieurswese
BCom (Besigheid en Inligtingstelsels)
BSc (Rekenaarwetenskap, Datawetenskap, Bio-informatika)
Grafiese en Animasie-ontwerp

Hierdie rigtings maak IT ‘n waardevolle vak vir leerders wat ‘n tegnologies-gedrewe beroep oorweeg.

Watter opwindende loopbane kan jy volg in hierdie rigting?

Bio-informatika
Besigheidsinligtingstelsels
Rekenaarwetenskap en Rekenaarontwerp
Ingenieurswese (alle dissiplines)
Finansiële inligtingstelsels
Geografiese inligtingstelsels
Informatika en Databestuur
Inligtingstegnologie en Stelselontwerp

Hierdie beroepe vereis sterk analitiese denke, kodering en probleemoplossingsvaardighede – kernaspekte van IT.

Watter onderwerpe word in hierdie vak gedek?

Oplossingsontwikkeling
Kommunikasietegnologieë
Stelseltegnologieë
Internettegnologieë
Data- en inligtingsbestuur
Sosiale implikasies
Hierdie temas verseker dat leerders ‘n wye tegnologiese vaardigheidsbasis ontwikkel wat hulle vir verskeie rigtings voorberei.

Watter tipe leerder geniet gewoonlik hierdie vak?

IT is geskik vir leerders met die volgende eienskappe:

Motivering en deursettingsvermoë
✔ Belangstelling in rekenaars en tegnologie
✔ Goeie selfdissipline en onafhanklike leervermoë
✔ Aandag aan detail en probleemoplossingsvaardighede
✔ Die vermoë om ‘n ekstra (8ste) vak te hanteer

Hierdie eienskappe help leerders om suksesvol te wees in ‘n vak wat logiese denke en kreatiewe benadering tot probleemoplossing verg.

Vakwaarde en impak

Leerders met ‘n IT-agtergrond het ‘n voordeel in die arbeidsmark waar digitale vaardighede hoog op prys gestel word.

Die vermoë om IT-probleme op te los in ‘n waardevolle bate in bykans enige beroep.

IT maak dit moontlik om maklik toegang tot ‘n groot hoeveelheid inligting en kennis te kry, at navorsing en leer bevorder.

Dit ondersteun lewenslange leer en selfontwikkeling.

Kennis van IT kan produktiwiteit verhoog deur doeltreffende gebruik van rekenaars en sagteware in werk en alledaagse take.

Dit help met die outomatisering van roetine take, wat tyd en hulpbronne bespaar.

Aanbevelings vir leerders wat hierdie vak wil neem

Wiskunde is ‘n voorvereiste vir die neem van Inligtingstegnologie..
‘n Sterk punte in tale word aanbeveel, aangesien programmering ‘n goeie begrip van logiese struktuur en sintaksis verg.

24 Uur toegang tot ‘n rekenaar..
‘n Uur of meer per dag beskikbaar om aan die vak te spandeer..
Wiskundepunt in graad 9 moet hoër as 60% wees.

As jy belangstel in kodering, tegnologie en probleemoplossing, is IT die perfekte vak vir jou! 

Slaagvereistes

Graad 10 tot 12 – Twee ander vakke 40% of drie ander vakke 30%