Me N Pfeil
KLEREBANK
klerebank@oos-moot.co.za
Oos -Moot se Klerebank, ons eie tweedehandse klerewinkel, is in die skoolgebou geleë en rus die Oosies toe met skoolklere. Dit word bedryf deur me. N Pfeil. Ons verskaf tweedehandse skoolklere teen verminderde pryse.
Weens COVID-19 is die klerebank slegs per afspraak beskikbaar. Slegs ouers met ‘n afspraak word op die skoolterrein toegelaat. Kontak ons per e-pos by klerebank@oos-moot.co.za vir ʼn afspraak.
Hierdie diens bied die volgende vir ons leerders:
- Skoolklere (soos beskikbaar) vir ons mindergegoede leerders.
- Skoolklere (soos beskikbaar) kan ook teen billike pryse aangekoop word.
PRYSLYSTE (sien skakels)
Let wel:
- Klere word nie geruil of geleen uit die klerebank nie. Leerders moet verkieslik teenwoordig wees met die aankoop van klere.
- Geen klere word gedurende skoolure verkoop of uitgegee nie.
- Leerders sal tydens skoolure, per afkondiging in kennis gestel word ndien die klerebank nie oop sal wees nie.
- Indien u ‘n navraag wil rig of ‘n reëling vir buite die gewone klerebanktye wil tref, kontak die klerebank by klerebank@oos-moot.co.za.