KUNSKLUB

Klublede:  Liane Vorster, Alexis Pieterse, Lara Goetz, Franco Weber, Amoré van Biljon, Louleen van Buuren, Ezara du Plessis, Ruben Kleinhans, Elzaan Steenkamp, Abigail van Wyk, Alex Erasmus, Megan Otto, Michaela Turner, Jessica Bently, Margeaux Atkinson, Kristin Short

Die Kunsklub het ge-eksperimenteer met die “no touch drip painting” tegniek.  Hierdie tegniek behels dat die kunstenaar ‘n kunswerk skep sonder dat die verfkwas die oppervlakte raak. Dit is besonders om dieselfde prent op soveel unieke style te kan beleef. Sien ons leerders se 2022 skilderstukke in die banier.

 

Die kunsklub lede poog om die gemeenskap bewus te maak van die natuur en haar skoonheid en hoe ons dit kan bewaar.  Vir hierdie byeenkoms het hul ‘n reënwoud geskilder op boomskywe wat voorheen gebruik was as trou tafel dekor.  Sodoende het hul gebruik gemaak van herwinning om vir hierdie materiaal ‘n tweede lewe te gee. 

Die Kunsklublede het die uitdagende tegniek van bleikmiddel en ink aangedurf.

Michaela Turner, Louleen v Buuren, Lara Hutchinson, Lara Goetz, Kristin Short, Jayden V en Franco Weber 

 

 

Hier by die kunsklub kan jy skep volgens jou eie verbeelding, jouself uitdruk, en eksperimenteer.  Hier kan jy jouself uiter sonder enige grense of perke en sodoende openlik skep en unieke skeppings na vore bring. 

Indien jy diep in jou hart glo jy is ‘n kunstenaar,  jou vaardighede wil ontwikkel,of net jou kunstige kant ‘n kans wil gee, is die kunsklub die klub vir jou.  Elke Oosie is welkom by die kunsklub, met of sonder ervaring. 

By die kunsklub eksperimenteer ons met verskeie mediums en tegnieke.  Die doel van die kunsklub is om vir jou nuwe vaardighede aan te leer terwyl jy die geleentheid kry om te groei as kunstenaar en bekendstelling te verkry. 

Saam met die blootstelling aan verskillende style en mediums, sal die lede van die kunsklub ook gelei word om deel te neem aan kunskompetisies, intern asook ekstern.  Die kunsklublede sal ook die voordeel geniet om saam met die Visuele Kunste leerders opvoedkundige uitstappies by te woon.

Word deel van die Oosie-kunsklub en laat jou kreatiwiteit vloei in ‘n veilige omgewing waar jy net jou unieke self hoef te wees!

BEKENDE OUD-OOSIE