MNR EN MEJ OOS-MOOT

Mnr en Mej Oos-Moot is jaarliks ‘n uitsonderlike glansgeleentheid. 

Dit word voorafgegaan deur die Debutatebal waar die finaliste aangewys word.  Bekende sangers en vermaaklikheidsterre as aanbieders en beoordelaars dra by tot ‘n onvergeetlike aand.

Kom sluit by ons aan vir ‘n aand van swier en glans, ‘n aand waar vermaak, ondersteuning en drome saam verweef word tot een skouspel. Kom sien hoe die leerders ontpop in die prinsesse en helde wat ons almal weet hulle reeds is. Mnr en Mej Oos-Moot is ‘n geleentheid wat jy nie wil misloop nie.

2021

Dié jaarlikse geleentheid was uitsonderlik. Nie net die deelnemers was Oosies nie maar ook die beoordelaars en die MC was oud of bekende oud-Oosies.

Beoordelaars: Carien Botha, Francois Botha, Luan Jacobs, Chané Oosthuizen, Gerjo Oosthuizen, Jenny van Dyk en die MC Janina Oberholzer. Baie dankie vir jul bydrae tot hierdie suksesvolle aand.

TOP 3
Mnr en Mej Oos-Moot – Nicole Shepherd en Carlo Jansen van Rensburg

  • 1ste Prins en Prinses – Regardt Jordaan en Clarise Venter
  • 2de Prins en Prinses – LJ Olivier en Alanna Swanevelder

 

KATEGORIEWENNERS

  • Mnr en Mej Persoonlikheid – Christian Uys en Alanna Swanevelder (soos vooraf bepaal deur die finaliste se stemme)
  • Mnr en Mej Fotogenies – Carlo Jansen van Rensburg en Nicole Shepherd    (soos vooraf bepaal deur die fotograaf en finaliste)
  • Mnr en Mej Deurlopend – LJ Olivier en Niclole Shepherd (soos vooraf bepaal deur die choreograaf)

Die uitslae van hierdie kategorie het geen invloed op die bepaling van die TOP 3 gehad nie.

Die Top 3 is bepaal deur die beoordelaars se punte tydens die geleentheid.

Ons dank aan me Helen Coetzee van HC Couture wat die finaliste se aandrokke borg.

Me E Claassen
Organiseerder
e.claassen@oos-moot.co.za