REVUE, ALL STARS EN MUSIEKBLYSPEL

Me Wilna Kalp
Organiseerder
w.kalp@oos-moot.co.za

Die revue en musiekblyspel word tweejaarliks aangebied.  Beide is ‘n ongelooflike skouspel van musiek, dans en sang.   Ons leerders kry ook hier die geleentheid om hul kultuurtalente uit te leef en hul toewyding is bewonderenswaardig.  Die sukses wat die skouspele deur die jare behaal,  lok groot getalle leerders om aan die oudisies deel te neem.   Die Revue leerders neem aan die volgende kompetisies deel, Kaleidoscope en die Revue SA Kampioenskappe.

Die All Stars is ‘n groep van ongeveer 59 leerders van die Revue groep wat aan kompetisies deelneem.

Revue deelname 2022:
Kaleidoscope Rondte 1: 2 – 6 Augustus
Kaleidoscope Rondte 2: 17 – 20 Augustus
Kaleidoscope Finaal: 25 – 27 Augustus
SA Kampioenskappe:  31 Augustus tot 3 September

Daar is geskiedenis gemaak met die musiekblyspel van 2021.  Dit is in die formaat van ‘n inryteater aangebied en was op vele terreine ‘n eerste vir die skool. 

Soos die liedjie: “Mis, eet, slaap, herhaal” is dit in my geval: Revue, eet, slaap, herhaal.  Revue is letterlik in my bloed.  Musiek, sang en dans is my suurstof.  Die genot om dit met kinders te deel en hulle vreugde te beleef, is seker die rede dat ek al 13 produksies gedoen het en nie kan wag vir die wat nog voorlê nie.