OOS-MOOT RAAD (OMR) NOMINANTE 2020
Die OMR-lede van 2019/2020 se diensjaar loop binnekort ten einde. Met die COVID-19 pandemie is die proses aangepas om te voldoen aan die regulasies.
Die gedragskode, nominasievorm en reglement van die uitvoerende komitee is beskikbaar op die webbladsy.
Die verkiesingsproses verloop soos volg:
- 25 Augustus: Nominasievorms aan graad 11-leerders
- 11 September: Sluitingsdatum vir nominasievorm en video
- 12 – 18 September: Siftingsproses
Datums vir stemdag, aankondiging en inhuldiging van die nuwe OMR-Raad sal later aangekondig word.