REDENAARS/DEBAT/PUBLIC SPEAKING

Me Crisna Bezuidenhout
Organiseerder: Redenaars
c.bezuidenhout@oos-moot.co.za

Die heel lekkerste van my aktiwiteit is om my so te verlustig en in te leef in elke kind se toespraak dat ek weet ek moet mysef heel voor in die lokaal by ‘n tafel plant, so asof ek my verbeel deur dit te doen, dat ek heel eerste die woorde gaan hoor en my eie kan maak. Ek sien letterlike piepklein (in grootte) graad aggies wat verdrink in hulle kleurbaadjies en dan praat een en sê: “I want pictures in my wedding album”. In graad nege staan sy weer daar, en skielik is sy nie meer so piepklein en onseker nie. Skielik het ‘n klein graad agt seuntjie n growwe, diep stem in graad tien en lag ek saam met die draadjiemond vir die humor in sy toespraak: “Sê nou maar jou ma skep jou kos in n bakkie… en die bakkie ry weg”. In graad tien het Elsa se “Let it go” nie net die kleuter in my huis in haar kloue beet nie, maar ook my redenaar. In graad elf begin sy so: Miss South Africa… en ons giggel vir haar pittighede. Vanjaar is sy in graad twaalf en voltooi sy ‘n getroue twaalf jaar siklus van redenaars en public speaking praat. Die onsekere graad agt het plek gemaak vir ‘n selfversekerde jong dame wat haar plek kan inneem in die samelewing en haar sê kan sê. Die voorreg is my as onderwyser s’n om hierdie groei te kan sien en om saam ‘n pad te kan stap, saam te kan lag en ook saam te kan huil wanneer jou hart oorloop van trots vir elke mooi woord wat styf in jou hart kom lê. Kom doen redenaars. Bemagtig jouself vir die toekoms, kom leer hier die kuns van toesprake skryf en lewer. Kom ervaar hoe daai adrenalien deur jou are bruis en jy weet jy jou gehoor met elke woord inkatrol tot hulle uit jou hand kan eet. Kom maak vandag nog die grootste belegging in jou eie lewe.

NUWE DATUMS

Nuwe datums is soos volg.

Afrikaans (Graad 8 tot 12)
Uitdunne:  23 Maart
Finaal:  6 April
 
Public Speaking (Graad 8 tot 12)
Uitdunne:  25 Maart
Finaal:  8 April

Me Marce du Preez
Organiseerder:  Debat
m.dupreez@oos-moot.co.za