REKENINGKUNDE

Wat sê ons leerders van die vak

 

Waarom Rekeningkunde in graad 10 tot 12 as ‘n vak neem?

Rekeningkunde is ‘n belangrike vak vir leerders wat belangstel in ‘n loopbaan in die finansiële wêreld. Dit bied ‘n sterk grondslag vir verdere studies en help jou om finansiële konsepte en praktyke te verstaan. In die eerste jaar van ‘n B.Com-graad is Rekeningkunde en Ekonomie verpligte vakke, en deur dit reeds op skool te neem, gee dit jou ‘n voorsprong in jou studies.

Aspekte waartoe die leerder in staat sal wees

Versamel, groepeer en boekstaaf finansiële data
Ontleed en vertolk hierdie en verwante inligting
Ontwikkel die vermoë om probleme raak te sien en op te los
Bestuur van eie finansies verantwoordelik en doeltreffend
Leer aan om eties en met gesonde oordeel op te tree

Wie is die ideale kandidaat vir die vak?

As jy hou van:
Uitdagings
Probleemoplossing
Logiese denke
Analitiese denke
Neem van risiko’s

Wat dit van jou sal verg

Hoë konsentrasie
Deursettingsvermoë
Probleemoplossing
Logiese denke
Selfvertroue en respek

Watter studierigtings kan gevolg word met hierdie vak?

Klerk of finansiële beampte in die finansies van enige onderneming
Onderwyser
Batebestuurder
Statikus
Boekhouer / Rekenmeester /
Geoktrooieerde Rekenmeester
Ouditeur
Aktuaris
Akademikus

Aanbeveling

Wiskundepunt van 50% en hoër.

Slaagvereistes

Graad 10 tot 12 – Twee ander vakke 40% of drie ander vakke 30%