REVUE

Ons bied tweejaarliks ‘n Revue aan.  Dit is ‘n ongelooflike skouspel van musiek, dans en sang.   Die Revue bied ons leerders die geleentheid om hul talente uit te leef.  Hul toewyding is bewonderenswaardig.  Die sukses wat die Revue deur die jare behaal, lok groot getalle leerders om aan die oudisies deel te neem.  Die revue-groep bestaan uit 100+ leerders.   Met die COVID-pandemie sal die volgende Revue eers in 2022 plaasvind.

Me Wilna Kalp
Organiseerder
w.kalp@oos-moot.co.za

Soos die liedjie: “Mis, eet, slaap, herhaal” is dit in my geval: Revue, eet, slaap, herhaal.  Revue is letterlik in my bloed.  Musiek, sang en dans is my suurstof.  Die genot om dit met kinders te deel en hulle vreugde te beleef, is seker die rede dat ek al 13 produksies gedoen het en nie kan wag vir die wat nog voorlê nie.