SPORTHOOF

Mnr B Pretorius
SPORTHOOF
sport@oos-moot.co.za

Dit is vir my ʼn eer om by Hoërskool Oos-Moot betrokke te raak en ek sien daarna uit om my gewig agter die Oosie-familie in te gooi.  As ‘n gebore en getoë Pretorianer voel ek tuis op die astro’s, tartan en grasvelde van die Jakarandastad. 

Ek is ʼn sportman in murg en been en elke sportsoort by Oos-Moot is my prioriteit.  Ek is tans die Blou Bulle se o.18-afrigter én die hoëprestasieafrigter. 

As ʼn toegewyde gesinsman beywer ek my vir gesonde deelname en een van my doelwitte is om soveel as moontlik Oosies op die sportveld te sien. Sport is sinoniem met ontwikkeling, dissipline, die aanleer van lewensvaardighede, spanwerk en die smee van vriendskapsbande. My benadering tot sport is holisties: ’n Gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees – daarom glo ek dat deelname aan sport ʼn positiewe invloed op leerders se akademie het. 

Ek is opgewonde oor die vooruitsig om geleenthede vir deelname te skep en om talent te ontgin. Ek kan nie wag om die Oosie-familie te leer ken nie – dit is vir my ʼn eer om by so ʼn ongelooflike skool betrokke te wees!