Die Midmar-myl is ‘n jaarlikse hoogtepunt op ons kalender vir verskeie van ons swemmers. Dit is die wêreld se grootste oopwater-swemwedren wat oor ’n afstand van 1 myl (ongeveer 1.6 km) plaasvind by die Midmardam in KwaZulu-Natal.
SWEM
Swem is ’n unieke sport – dit verg individuele dissipline, maar funksioneer binne ’n spanstruktuur. Elke individuele prestasie is ‘n bousteen in die span se sukses. Meer as net ’n kompetisie, is swem by Oos-Moot ook ’n kultuur van kameraadskap, ondersteuning en deursettingsvermoë. Swemmers leer om mekaar aan te moedig, saam te werk en as ‘n eenheid uit te blink.
2026
Die 2026-swemseisoen was een van die sterkste in onlangse jare vir Hoërskool Oos-Moot. Ons swemmers het ’n indrukwekkende aantal top-prestasies behaal in individuele items sowel as aflosnommers, met besondere uitblinkings in vryslag, rugslag, borsslag, vlinderslag en die 200m individuele wisselslag. Verskeie van ons swemmers het gereeld in die top drie geëindig, terwyl ’n groot groep ook 4de plekke behaal het.
Ons was veral sterk in die seunsafdeling, met Wian Minnaar en Armand Smit wat hulself as die voorste Oos-Moot swemmers gevestig het deurgaans top-uitslae in verskeie items te lewer. In die meisiesafdeling het Leelah Kemp en Carmen Stapelberg konsekwent uitgestaan met uitmuntende prestasies oor verskillende style en afstande.
As span het Hoërskool Oos-Moot uiteindelik ’n uitstekende 4de plek in die B-Bond behaal – ’n merkwaardige prestasie teen sterk mededinging – en ons sal weer in 2027 in die B-Bond deelneem met groot vertroue en motivering.
2025
Tydens die B-Bond Interhoër het verskeie swemmers podiumplekke behaal en ons spanne het ook uitstekend gevaar.

