Wat sê ons leerders van die vak
Waarom Toerisme as ‘n keusevak in graad 10 tot 12 neem?
Toerisme is een van die vinnigste groeiende bedrywe in Suid-Afrika en speel ‘n belangrike rol in die land se ekonomie. Hierdie dinamiese veld bied ‘n wye verskeidenheid werksgeleenthede en groei steeds, wat dit ‘n uiters relevante en opwindende beroepskeuse maak.
Op skoolvlak bied Toerisme aan leerders ‘n omvattende blik op die bedryf as geheel, met spesiale klem op die praktiese toepassing van vaardighede.
Onderwerpe wat in Toerisme behandel word
Brei leerders se kennis en begrip van Suid-Afrika, sy provinsies en omgewing uit.
Verskaf insig in al die komponente van die toerismebedryf.
Bewusmaking van ekonomiese, sosiale, politieke en omgewingsfaktore wat Toerisme beïnvloed.
Ontwikkel ‘n basiese begrip van die wêreld van werk, met spesifieke fokus op toerisme-verwante beroepe.
Moedig entrepreneurskap aan en wek belangstelling in die wêreld rondom ons.
Wat leer jy in Toerisme?
Toerisme as ‘n geïntegreerde bedryf
Volhoubare en verantwoordelike toerisme
Toerisme-geografie en wêreldbekende landmerke
Kliëntediens en kommunikasievaardighede
Toerisme-tendense en bemarking
Moontlike beroepsrigtings
Toerisme bied verskeie opwindende beroepe, insluitend:
Reisagent
Lugwaardin
Hotel- en oordbestuur
Restaurateur
Toeroperateur
Toergids
Reisjoernalis
Konferensie-organiseerder
Entrepeneur
Toerisme se waarde en voordele
Ontmoet nuwe mense en bou internasionale netwerke
Reis en ontdek unieke bestemmings
Ontwikkel uitstekende kommunikasie- en organisatoriese vaardighede
Verwerf ‘n diepgaande kennis van Suid-Afrika se kultuur, geskiedenis en ekologie
Berei jou voor vir ‘n suksesvolle loopbaan in ‘n groeiende bedryf
Toerisme is ‘n veelsydige vak wat jou algemene kennis verbreed en jou help om in enige sosiale en professionele omgewing selfversekerd te kommunikeer. Dit is ‘n waardevolle vak vir enige beroep waar menslike interaksie ‘n rol speel.
Slaagvereistes
Graad 10 tot 12 – Twee ander vakke 40% of drie ander vakke 30%