Is jy gereed vir jou volgende groot avontuur?
Kom ervaar Hoërskool Oos-Moot – ’n gelukkige en lewendige skool waar jy sommer vinnig tuis sal voel!
By ons is jy nie net nóg ’n leerder nie –
👉 jy is deel van ’n groot familie
👉 jy kan jouself wees
👉 en jy kry die kans om jou volle potensiaal te bereik
Wat wag vir jou?
✔ Onderwysers wat omgee
✔ Opwindende vakke
✔ Sport, kultuur en hope geleenthede
✔ Ons eie ASTRO
✔ Ons eie restaurant, Bonne Cuisine!
Ons help jou om die skuif na hoërskool lekker, maklik en opwindend te maak. By Oos-Moot is daar altyd vriende naby en mense wat jou wil help groei.
Moet dit nie misloop nie!
Kom kuier saam met ons by ons OPEDAG 2026 en sien self hoekom Oos-Moot die regte keuse vir jou is!
Me C Meyer
bemark@oos-moot.co.za


