Oosie-Junior Hokkie: Bou vandag aan môre se sterre
Sodra die hokkiegogga jou kind byt, is daar geen terugdraai nie – dis ’n passie wat bly. By Hoërskool Oos-Moot bied ons aan jong spelers die kans om dié liefde vir hokkie reg van die begin af op die enigste ASTROBAAN in die Moot te ontwikkel.
Ons nooi alle laerskoolleerders wat belangstel in hokkie om aan te sluit by die Oosie-Junior Hokkie-akademie. Hier word die regte tegniek en vaardighede reeds op grondvlak gevestig – ’n belangrike voorsprong vir enige jong speler.
Een van die grootste uitdagings in hoërskoolhokkie is dat baie graad 8-leerders eers dan begin speel, en binne ’n kort tydperk moet aanleer wat ander reeds in die laerskool bemeester het. Ons doel met die Oosie-Junior Akademie is om hierdie agterstand te voorkom en vroeë ontwikkeling aan te moedig.
Nuus vir 2025: Nuwe hoofafrigter aan stuur
Ons is trots om mnr. Earl Kim-Fley vanaf 2025 as hoofafrigter van Oosie-Junior Hokkie te verwelkom. Hy bring meer as 20 jaar se ervaring as speler, afrigter, skeidsregter en spanbestuurder na ons akademie. Mnr. Kim-Fley en mnr. L. Letebele (afrigter van die o.16-seuns) is ook aangestel as afrigters vir die Northerns Blues se o.18B- en o.14A-spanne – ’n bewys van hul uitstekende kundigheid en betrokkenheid in Suid-Afrikaanse hokkiekringe.
2025: Wat jy moet weet
📌 Inskrywings- en koste-inligting
Raadpleeg gerus ons Inligtingsdokument 2025 (sien die blou knoppie regs op die webwerf) vir alle besonderhede rondom registrasie en fooie.
📌 Benodigdhede vir deelname
Die volgende toerusting is by enige sportwinkel beskikbaar:
-
Hokkiestok
-
Hokkiebal
-
Mondskerm
-
Shinpads
-
Lang hokkiekouse (verkrygbaar by enige algemene winkel)