RASIELEIERS

Die Rasieleiers van Hoërskool Oos-Moot is die skool se offisiële cheerleaders – ’n energieke en talentvolle groep jong meisies en seuns wat ons skool se gees en trots oral waarneem. Hulle kombineer dans, akrobatika en spanwerk om by sport- en kunsgeleenthede op te tree, en hul doel is om entoesiasme, motivering en spangees aan leerders en toeskouers oor te dra. Rasieleiers is dus nie net dansers nie, maar ambassadeurs van skooltrots en kultuur.

Me Z Jv Rensburg
Organiseerder
z.jansevanrensburg@oos-moot.co.za

Die Rasieleiers bestaan sedert 2012 en het oor die jare hul plek by Oos-Moot gevestig. Die groep het oorspronklik net uit dogters bestaan wat ’n passie vir dans gehad het, en was daarom van die begin af sterk dansgeoriënteer. Seuns is intussen ook by die span gevoeg en so het hul ‘n hele nuwe baadjie aangetrek.

Dit is ’n borrelende groep jong meisies en seuns wat ons skool se naam hoog hou. Hulle sit heelwat tyd en moeite in voorbereiding, en ons is ongelooflik trots op hulle en hul afrigters.

2026

Ons dinamiese Rasies bestaan uit 24 meisies en 5 seuns wat saam sorg vir hope energie en gees! Om deel van hierdie span te wees, verg harde werk en toewyding. Daar word baie gereeld geoefen om elke beweging, sprong en roetine net reg te kry, en jaarlikse oudisies word gehou om die span saam te stel.

Die kompetisieseisoen is tans in volle swang en ons talentvolle Rasieleiers wys hul staal by PULSE en IFAA. Met skerp bewegings, sterk spanwerk en natuurlik daardie kenmerkende Oosie-gees, gee hulle alles wanneer hulle die kompetisievloer betree!

2025 

Ons Rasieleiers het weer bewys wat harde werk en dissipline kan bereik:🌟 IFAA-finaal 2025 – behaal ons die 2de plek en verwerf Suid-Afrikaanse kleure

Hierdie indrukwekkende prestasie is die vrug van ure se harde werk, dissipline en lang kompetisiedae.

 

OPTREDE