IMG_0402a-scaled

SAGTEBAL

Die sagtebalprogram by Hoërskool Oos-Moot toon jaar na jaar merkwaardige groei. Die toewyding van ons afrigters en spelers het daartoe gelei dat Oos-Moot gereeld in die voorste linies van die ligas en kampioenskappe meeding. Ons spanne het nie net in die Tshwane Kampioenskappe en Stadsbeker-finaal uitgeblink nie, maar verskeie Oosie-speelsters is jaarliks opgeneem in die Tshwane-verteenwoordigende spanne – ’n bewys van hul talent en harde werk.

Afrigting en fasiliteite

Die sukses van Oos-Moot Sagtebal is die resultaat van toegewyde afrigters wat daarop fokus om spelers tegnies, fisiek en geestelik te ontwikkel. Deur professionele afrigting, uitstekende fasiliteite en ‘n kultuur van harde werk kry elke speler die geleentheid om haar volle potensiaal te bereik.

2025

’n Uitsonderlike jaar vir Oosie Sagtebal.  Gauteng Kampioenskappe:  o.15A en o.19A-spanne is Gauteng Kampioene – ’n besonderse prestasie wat die skool se status as ’n top sagtebalskool bevestig.

Tshwane Sagtebal liga-uitspele:  o.15A-span –  ligawenners, die eerste span kwalifiseer vir die Gauteng Kampioenskappe en o.16A eindig vierde.  Algeheel eindig Oos-Moot tweede in die TSSA-liga. 

Minstens 3 spelers (Miané van Dyk, Telana Breytenbach en Elrie Smit) is opgeneem in die Gauteng Skole Sagtebalspan.  Miané van Dyk is ook gekies vir die Senior Gauteng Sagtebal span wat aan die Sagtebal SA. Nasionale Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem het.  ’n Oos-Moot afrigter is ook as hoofafrigter van die Gauteng-span aangestel.

2024

Die o.15A-span het ‘n uitstekende seisoen beleef deur:

  • 3de in die Skoleliga te eindig;
  • as Tshwane Kampioene gekroon te word; en
  • die Gauteng Sagtebalkampioenskap te wen.

Hierdie prestasies het die grondslag gelê vir die verdere groei van die program en die uitsonderlike sukses wat in 2025 gevolg het.