KOOR

Ons koor is die hartklop van ons kultuur.  Ons het reeds ‘n trotse kultuur- en musiektradisie in die skool, met prestasies by die Pretoria Eisteddfod wat oor die jare aandag getrek het.  Daarom is dit besonders opwindend dat die Oosie-koor in 2026 weer op die been gebring is.

Me A Smith
Organiseerder

a.smith@oos-moot.co.za

2026

Die Oos-Moot-koor bestaan tans uit 77 entoesiastiese lede en dit is vir ons ’n besondere vreugde om weer soveel belangstelling en passie vir musiek onder ons leerders te beleef.

Die koor het hul eerste optrede by die Pretoria Eisteddfod gehad en dit het uitstekend gegaan. 

Koorafrigter

Met meer as 16 jaar se ervaring as koorafrigter het  mnr Theo Boshoff reeds indrukwekkende prestasies saam met verskeie kore behaal. Hy bestuur ook sy eie musiekskool, waar hy sy liefde vir musiek met jongmense deel en nuwe talent help ontwikkel.  

  • Wenners van Sing in Harmonie
  • Toekenning vir Beste Afrikaanse Komposisie by Sing in Harmonie
  • Top 10 ATKV-koor in Suid-Afrika
  • Pretoria Eisteddfod-trofee vir Beste Senior Koor
  • Afrikaanse Kunsvereniging-toekennings vir Beste Junior- en Seniorkore
  • Letabo Festival: vir drie opeenvolgende jare aangewys as Beste Junior- en Seniorkoor

Oefentye

Donderdae:  17:30 tot 20:00

Kompetisies

  • 8 Mei – NG Kerk Impalapark
  • 12 Mei – Moot Koorfees

Ander kompetisies:  Pretoria Eisteddfod, ATKV Applous, Noordekruin Kunswedstryd en Afrikaanse Kunswedstryd.