HENGEL

Die skool het reeds in 1992 gespog met ‘n hengelspan wat aan skolekompetisies deelgeneem het.  Twee van dié spanlede het Noord-Transvaal erekleure ontvang. Die lede van die 1992 hengelspan was:  Bernadette Porteous, Johnny Steyn, Jan Kockt, (Onderwyser) Martin Kapp, Stephen Porteous en Mnr Fanie Steyn.  Afwesig:  Daphne Botes

Varswater hengel is ‘n opwindende sportsoort wat deur mense van alle ouderdomme geniet word. Dit is ‘n ontspannende en tegelyk uitdagende aktiwiteit wat fisiese vaardigheid, kennis van visvangtegnieke, en ‘n begrip van die natuur se ekosisteem vereis. 

2025 is ‘n besondere jaar vir die hengelspan.  Die 1ste hengelspan het tweede in die liga geëindig en is, vir die eerste keer in die geskiedenis van Oos-Moot, gekies vir die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe.  Die dogters staan nie terug wanneer dit by visvang kom nie en Tracey Lee Homan behaal die tweede plek in die B-afdeling vir meisies. Individuele prestasies:  Tracey Lee Homan (1ste in Liga 1).  Juandre Coetzee en Reuben van Blerk (2de in Liga 1).  Albei is ook gekies vir die Kolgooi SA’s.  Die volgende Oosies is in die eerste span wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe:  Eben Koen, Migual Schoeman, Reuben van Blerk en Juandre Coetzee.

In 2023 het die skool begin deelneem aan die Gauteng-Noord Varswater Oewerhengel skoleliga.   Die TOP 2 spanne, (gemengde spanne) dring na die liga deur na die Kampioen van Kampioenetoernooi waar hul teen provinsiale spanne deelneem.

Die volgende Oosies het provinsiale kleure verwerf:  Christo Badenhorst, Eben Koen, Reuben van Blerk, Bianca Grundlingh, Lunette Calitz, Corlene Coetzee en Juandré Coetzee.