MNR EN MEJ OOS-MOOT

Ware skoonheid begin waar selfvertroue, karakter en gemeenskapsgees ontmoet.  Ons finaliste is meer as net mooi gesigte – hulle is rolmodelle in wording.

Me C Labuschagne
Organiseerder
c.labuschagne@oos-moot.co.za

Elke jaar vier ons nie net uiterlike skoonheid nie, maar ook karakter, selfvertroue en toewyding deur die gewilde Mej. en Mnr. Oos-Moot-kompetisie. Hierdie gala-geleentheid bied leerders die kans om hul sosiale en persoonlike vaardighede te ontwikkel, hulself op ‘n professionele manier aan die wêreld voor te stel, én terselfdertyd ‘n positiewe bydrae tot fondsinsameling vir die skool te maak.

Soos by ander hoërskole se Debutante-programme landwyd, is hierdie ‘n ontwikkelingservaring wat selfvertroue bou en leerders voorberei vir toekomstige geleenthede soos universiteitsvertonings, studenteleierskap en selfs professionele portefeuljes.

2026

‘n Pragtige en selfversekerde groep deelnemers het die verhoog betree nadat hulle oor ’n lang tydperk met toewyding en harde werk voorberei het. Hulle het nie net voor die skerms beïndruk nie, maar ook die waarde van deursettingsvermoë en spanwerk uitgeleef.

Hierdie geleentheid sou egter nie moontlik gewees het sonder die ongelooflike insette agter die skerms nie. Van ons borge, organiseerders en afrigters tot personeel en ondersteuners – elke persoon het ’n belangrike rol gespeel om die aand ’n onvergeetlike ervaring te maak.

Mej Oos-Moot – Micke Lamberts en Mnr Oos-Moot – Hanru Pienaar

Mej Oos-Moot – Micke Lamberts en Mnr Oos-Moot – Hanru Pienaar
1ste Prinses – Leané Theron en
1ste Prins – Philip Malan
2de Prinses – Lana Love en
2de Prins – Arno Badenhorst

Mej en Mnr Oos-Moot – Micke Lamberts en Hanru Pienaar

Beste paartjie: Lana Love & Michael Bhuda

Mej en Mnr Smaakmaker – Chanel Groenewald en Reuben van Blerk

Mej en Mnr Deurlopend – Mia Meyer en Tiaan Nel

Mej en Mnr Persoonlikheid – Tilanie Theron en Corrie Botha

Mej en Mnr Fotogenies – Chanel Groenewald en Arno Badenhorst

Debutant – Miané van Dyk

2de Prinses en Prins – Lana Love en Arno Badenhorst

1ste Prinses en Prins – Leané Theron
 en Philip Malan