Sedert 2015, toe bergfietsry ‘n amptelike sport by Oos-Moot geword het, het die aktiwiteit vinnig gegroei van ses leerders in die Spur Mountain Biking League tot vyf nasionale vlak-ryers binne twee jaar na die aanstelling van die afrigter Lionel Scholtz in 2017. Vandag neem ons deel aan reekse soos die Gauteng Hoërskole Bergfietsreeks, Gauteng North Schools Series, King price Trailseeker Series en Cowhouse Gauteng North Series, waar leerders punte vir die skool verdien en moontlik hul provinsiale kleure verwerf.
2026
Die Oosie-bergfietsryers eindig tydens die jaarlikse NWU-reeks 5de uit 11 skole. Elke deelnemer se toewyding, sportmangees en vasbyt het bygedra tot ’n besondere dag op die roete, en ons is ongelooflik trots op elke ryer se prestasie. Vier Oosies behaal podiumplekke tydens die Garsfontein Fietsry Derby: Chloé Muller en Leam van Veenhuyzen.
Cycle Lab MTB School Series
Ons bergfietsryers neem jaarliks aan hierdie reeks deel. Dit is een van Gauteng se voorste interskole-bergfietsreekse is, met verskeie byeenkomste wat gedurende die jaar plaasvind en wat deur Schools Cycling SA erken en ondersteun word.
Puik prestasies is deur ons bergfietsryers by die eerste Cycle Lab School MTB Series in Mei gelewer:
Cloë Muller behaal ’n uitstekende 4de plek op die podium in die o.18 dogters afdeling.
Leam van Veenhuyzen ry sterk en eindig 5de in die o.15 seuns afdeling.
Gauteng Cycle Lab reeks – Prime View
Oos-Moot het ’n indrukwekkende 13de plek uit 54 skole vir die dag behaal. Ons podiumryers:
- Cloë Muller – 2de plek
- Leam van Veenhuyzen – 5de plek
Gauteng Cycle Lab-reeks: Eye of Africa
Oos-Moot het ’n puik 15de plek uit 56 skole behaal!
’n Spesiale gelukwensing aan ons podiumpresteerders:
Leam van Veenhuyzen – 2de plek
Cloë Muller – 3de plek
Gauteng Cycle Lab reeks: H/S Monument
Oos-Moot is algeheel 14de uit 57 skole vir die dag
Spesiale geluk aan ons podiumryers:
Leam van Veenhuyzen – 3de plek, o.15 Seuns
Cloë Müller – 5de plek, o.18 Junior Dogters
Nasionale Kampioenskappe
- Leam van Veenhuyzen (o.15) en Chloë Muller (o.18) het individueel gekwalifiseer om Gauteng by die Nasionale Kampioenskappe in Oktober te verteenwoordig.
- Die Oos-Moot dogtersspan: Chloë Muller (o.18), Zané Engelbrecht (o.17), Noa van der Merwe (o.15) en Sumari Hattingh (o.15) het ook gekwalifiseer om aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem.
Cloë Muller en Dillan Schöltz.
2025
Bergfiets mag dalk ‘n kleiner sportsoort wees, maar ons fietsryers trap uitstaande prestasies los?
Hulle het met ywer en vasbyt aan die Gauteng Schools Cycling MTB Series deelgeneem en na vyf uitdagende wedrenne mooi prestasies gelewer.
Gauteng Schools Cycling MTB Series
- M Topper (dogter), is een van die top drie provinsiale meisiesryers in die o.18-wat Gauteng by die Cycle Lab Schools MTB Finaal verteenwoordig het.
- Die seunsspan wat gekwalifiseer het, was: L van Veenhuyzen, H Jordaan, A Prinsloo, E Lourens, J Nieuwoudt en D Scholtz.
MTB Nationals
Oos-Moot het as span die 42ste plek uit 120 skole behaal – ‘n sterk vertoning!