By Oos-Moot is atletiek meer as net ’n sport – dit is ’n familie. Ons atlete ondersteun mekaar op en langs die baan en kompeteer met trots teen van die sterkste skole in die land. Hierdie mededingende blootstelling help ons nie net om jaarliks prestasies op provinsiale en nasionale vlak te lewer nie, maar stel ook van ons atlete in staat om internasionaal uit te blink. Ons neem jaarliks aan ’n reeks gesogte byeenkomste deel.
2026
Die Interhoër op 26 Februarie was ’n hoogtepunt, nie net vir die uitslae nie, maar vir die gees, die energie en die samehorigheid wat oral gevoel kon word. Oosies, julle het gewys julle het hart! Ons het tweede geëindig in die B-Bond met ’n eindtelling van 2599 teen Eldoraigne se 2629.
Dit was ’n naelbytstryd tot op die einde, en ons is ongelooflik trots op elke atleet, afrigter, ouer en ondersteuner wat hul alles gegee het. Ons seunsatlete is aangewys as die beste seunsspan, beste aflosspan en beste worpespan. Die dogters het uitgeblink as die beste in hekkies, worpe en naelloop. Daarby is ons seuns én dogters saam algeheel aangewys as die beste in worpe. Wat ’n ongelooflike prestasie!
Individueel het ons atlete ook erkenning ontvang:
⭐ Beste Junior Veldatleet – M Coetzee
⭐ Beste Junior Baanatleet – R Korff
⭐ Beste Senior Baanatleet – JM Maritz
⭐ Junior Victrix Ludorum – R Korff
⭐ Junior Victor Ludorum – M Coetzee
Rekords en uitstaanprestasies
- Annelie Human (o.14) – nuwe rekord met ‘n afstand van 10.33m in gewigstoot vir dogters tydens die Zwartkop vriendskaplike byeenkoms.
- Megan Ferreira (o.17) – nuwe rekord van 1.61m in hoogspring vir dogters tydens die Valentynsbyeenkoms.
- Roan Joubert (o.18) – nuwe rekord van 16.38m in gewigstoot vir seuns tydens die Interhoër B-Bond.
- Chanel Groenewald (o.17) – nuwe rekord van 04.48.77s in 1500m vir dogters tydens die Mootbyeenkoms.
Topatleet
R Korff (o.15) begin die seisoen met nuwe rekords tydens verskeie byeenkomste.
- Zwartkop byeenkoms – nuwe rekords in 100m (12.14s), 300mH (46.20s) en 400m (59.39s) vir dogters.
- Valentynsbyeenkoms – nuwe rekord van 12.01 sekondes in 100m vir dogters.
- TUT Top 14 – nuwe rekords in 100m (12.40s) en 200m (25.00s)
- Mootbyeenkoms – nuwe rekord in 400m (56.72s)
2025
Rekords en uitstaanprestasies
- R Korff (o.14) – nuwe rekord van 24.91 sekondes in 200m dogters tydens die NWU Wildeklawer Top 30 byeenkoms in Potchefstroom en sy verbeter die 200m-rekord (25.32 s) van 1982 tydens die B-Bond Interhoër waar sy ook aangewys word as Junior Victrix Ludorum (1825 ASA-punte) én Beste Junior Baanatleet.
- Seunsaflosspan (o.19) (J Pretorius, D Joubert, D Williams en S Boshoff) verbeter hul ouderdomsgroep se aflosrekord tydens die B-Bond Interhoër)
Topatleet
S Boshoff (o.19) se 2025-atletiekseisoen is ‘n inspirasie vir enige jong verspringatleet. Hy het konstant verbeter en op elke vlak presteer.
-
Interhuis: Begin die seisoen met ’n sprong van 7.02 m.
-
Gauteng Skolekampioenskappe (Maart): Stel ’n nuwe ouderdomsgroeprekord van 7.15 m op.
-
SA Skolekampioenskappe (Bloemfontein – 28 & 29 Maart): Verower goud met ‘n persoonlike beste van 7.43 m – word SA Skolekampioen.
-
ASA Jeugkampioenskappe (April): Behaal silwer met ’n sprong van 7.24 m, wat hom kwalifiseer vir die Senior SA’s.
-
ASA Senior Kampioenskappe (Potchefstroom – 25 April): Eindig 9de met ‘n sprong van 7.25 m – ’n merkwaardige prestasie teen die land se top seniors.
Sy uitsonderlike vordering het hom nie net medaljes besorg nie, maar ook waardevolle ervaring en nasionale blootstelling. Hy is beslis ’n naam om dop te hou in Suid-Afrikaanse atletiek.
Ander Hoogtepunte:
Sewe Oosie-atlete het Gauteng in 2025 tydens die ASA Kampioenskappe verteenwoordig en puik resultate behaal.
Mnr HJ van Aswegen
Organiseerder
atletiek1@oos-moot.co.za

