2026
Solderkapperjolle
In 2026 bring ons toneelgroep die komiese verhoogstuk Solderkapperjolle na die verhoog. Die verhaal speel af in ’n verlate skoolsolder wat deur ’n groep tieners ontdek en in hul geheime “operasiesentrum” omskep word. Wat aanvanklik net ’n wegkruipplek vir lekkers is, ontwikkel vinnig in ’n skreeusnaakse avontuur vol misverstande, vermommings en planne om ’n verlore testament op te spoor.
Die uiteenlopende karakters raak spoedig vasgevang in ’n warboel van bedrog, geheime en komiese chaos. Met vinnige dialoog, fisieke humor en ’n speelse blik op gesag en tienerrebellie beloof Solderkapperjolle om gehore van alle ouderdomme te laat lag.
Die produksie bestaan uit ’n rolverdeling van nege leerders en word deur Lee, Dijani, Bianca en die toneelorganiseerder begelei. Die groep oefen gedurende die skoolvakansie ter voorbereiding van die toneelfeeste en optredes wat in Augustus plaasvind.
Optredes en toneelfeeste:
- Allegretto Toneelfees – 5 Augustus 2026
- Op die Planke – datum word bevestig
- ATKV-Tienertoneel – 17 Augustus 2026
- Pronk Podium – 20 Augustus 2026
2025
Die Tienertoneelgroep het in Augustus hul eerste optrede tydens die Op die Planke Toneelfees gehad. Hul produksie, “VOËLHOK”, is met ’n A+ bekroon – ’n prestasie waarop ons ongelooflik trots is!
Die aktrises:
Leané Dobson | Miné van Rensburg | Gené Helberg | Mia Dinglestad | Christi de Waal | Lana van der Westhuizen | Anzel Ehlers | Misha Rantisi
Prestasies
Ons talentvolle Tienertoneel-groep het aan vier toonaangewende toneelkompetisies deelgeneem: Op die Planke Toneelfees, Allegretto Toneelfees, ATKV Tienertoneelkompetisie en Pronk Podium.
Hierdie groep het uitmuntend gevaar en het erkenning ontvang vir algehele produksie, tegniese uitmuntendheid en individuele spel (25 brons, 5 silwer en 19 goud)
’n Besonderse hoogtepunt is die Tienertoneelgroep se deelname aan die Nasionale Finaal van die Op die Planke Toneelfees.
2024
Die Oosie Tienertoneelgroep het in 2024 geskiedenis gemaak toe hulle op 12 Oktober tydens die “Op die Planke” ATKV Nasionale Toneelfees in die derde plek landswyd geëindig het – ’n eerste vir Hoërskool Oos-Moot!