Ons skaakspelers se uitsonderlike prestasies kom nie vanself nie. Die enjin agter hierdie opbloei is die afrigter Christiaan Linde (trotse oud-Oosie) en sy afrigtingspan. Christiaan het ‘n onafhanklike skaakonderneming Yes4Chess gestig en rig weekliks sowat 300 leerders af. Hoewel sy onderneming by verskeie hoërskole en gespesialiseerde instellings soos Unica – skool vir leerders met outisme betrokke is, beskou Christiaan sy alma mater, Hoërskool Oos-Moot, as sy vlagskipprojek – die plek waar hy skool gegaan het en nou met trots terugploeg.
Christiaan en sy span fokus ook op die ontwikkeling van skaak in verskeie skole in die omgewing, insluitend Laerskool Villieria, Voorpos, Pierneef en Eduplex – belangrike voedingskole vir Oos-Moot. Hy is sedert sy matriekjaar betrokke by skaakafrigting en het onlangs ‘n lang gekoesterde droom verwesenlik deur ‘n jeugprogram tot stand te bring by die Pretoria Skaakklub – die oudste van sy soort in Suid-Afrika. Hier bied hy en sy span gevorderde, individuele aandag aan jong spelers in ‘n omgewing waar toewyding en entoesiasme hand aan hand gaan.
Yes4Chess se afrigters is jonk, idealisties en gee doelgerigte aandag aan elke leerder, maar sonder om die emosionele welstand van die kind prys te gee. Christiaan glo vas dat die vreugde wat beide afrigter en leerder uit skaakonderrig put, die geheime wapen van hul sukses is.
Die ondersteuning van die skoolgemeenskap, asook die betrokkenheid van ouers en voogde, speel ‘n onmisbare rol in die sukses van skaakontwikkeling.
Oefentye
Dae : Dinsdae en Donderdae
Tyd : 14:00 tot 16:00
Plek : K81
2026
Ons skaakspelers het ‘n besonder suksesvolle jaar beleef en hulself onder die beste skole in Gauteng gevestig.
Individuele prestasies
Tshwane Distrikfinaal
- Tylo Grahan (o/15) wen 4½ uit 5 wedstryde en word aangewys as die beste speler in die Tshwane Distrik.
- Charné Raubenheimer (o/19) wen 4 uit 5 wedstryde en eindig as die tweede beste speler in die distrik.
Beide spelers kwalifiseer vir die Gauteng Skaakkampioenskappe.
Hierdie uitsonderlike prestasies is ‘n bewys van die hoë standaard van skaak by Hoërskool Oos-Moot en die deursettingsvermoë van ons spelers.
Nasionaal
Tylo Grahan het met sy deelname aan die South African Junior Chess Championships (SAJCCC) (April 2026) Oosie-geskiedenis gemaak as die jongste speler van Hoërskool Oos-Moot wat op nasionale vlak deelgeneem het.
Spanprestasies
NWU Skaakreeks
- Silwermedaljewenners teen van Gauteng se topskole.
- Vier Beste Bord-toekennings, wat 40% van alle bordpryse tydens die reeks verteenwoordig.
2025


